Die agt voormalige polisiebeamptes wat skuldig bevind is aan die moord op Mido Macia in Februarie 2013, is Woensdag gevonnis.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Mido Macia"
Vangwa-sleep: Uitspraak gelewer
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer in die verhoor van agt voormalige polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op Mido Macia in Februarie 2013.
Uitspraak in Mido Macia-moordsaak vandag gelewer
Die hooggeregshof in Pretoria was Dinsdagoggend gepak met plaaslike en internasionale media waar die uitspraak in die Mido Macia-moordsaak gelewer sal word.
Polisiebeampte vrygespreek oor Macia-moord
Een van die nege voormalige polisiebeampte wat beskuldig is van die moord op die Mosambiekse taxibestuurder Mido Macia, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek.
Vangwa-slepery: ‘Macia het heeltyd gehuil’
Die Mosambiekse taxibestuurder, Mido Macia, wat dood is nadat hy in 2013 agter ʼn polisievangwa gesleep is, is glo geklap en rondgestamp nadat hy in hegtenis geneem is.
Vangwa-sleep: Bestuurder onbewus man word gesleep
Die polisiebeampte wat die vangwa bestuur het toe Mido Macia, ʼn Mosambiekse taxibestuurder in Februarie 2013 agterna gesleep is, voer aan hy het nie geweet die immigrant was vasgevang in die voertuig nie.
Vangwa-sleep: Saak begin eers dan
Die nege polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op ʼn Daveyton-taxibestuurder, Mido Macia, sal eers volgende jaar verhoor word.
Vangwa-sleep: Polisiebeamptes kry borg
Die nege polisiebeamptes wat aangekla word van die moord op ʼn Daveyton-taxibestuurder, Mido Macia, is Dinsdag deur die Benoni-landdroshof op borgtog vrygelaat.
Vangwa-sleep: Saak weer uitgestel
Die borgtogverhoor van die nege polisiebeamptes wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse taxibestuurder, Mido Macia, is Dinsdag in die Benoni-landdroshof uitgestel.
Vangwa-sleep: Polisiebeamptes borg geweier
Die nege polisiebeamptes wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse taxibestuurder Mido Macia is Dinsdag in die Benoni-landdroshof borgtog geweier.
Vangwa-sleep: Bestuurder was nie van slagoffer bewus
Die polisiebeampte wat die vangwa bestuur het waarmee ʼn Mosambiekse taxibestuurder agter die voertuig aangesleep is, het gesê hy het nie gesien iemand is agter aan die voertuig vasgemaak nie.
Vangwa-sleep: Kinders sterf in ongeluk met taxi-man
Mido Macia, die Mosambiekse taxibestuurder wat voorverlede week in polisie-aanhouding dood is, was glo dae voor sy dood in ʼn ongeluk betrokke waarin vyf kinders dood is.
Vangwa-sleep: Man dood weens suurstoftekort
Die nadoodse ondersoek van die Mosambiekse taxibestuurder wat dood is nadat hy agter ʼn polisievoertuig aangesleep is, het bevind dat die man weens ʼn gebrek aan suurstof dood is.
Vangwa-sleep: Borgaansoek duur Maandag voort
Die borgtogaansoek van die polisiebeamptes wat verdink word van die moord op ʼn Mosambiekse taxibestuurder, is Vrydag in die Benoni-landdroshof tot Maandag uitgestel.
Vangwa-sleep: Agt beamptes weer in hof
Die polisiebeamptes wat verdink word van die moord op ʼn Mosambiekse taxibestuurder wat agter ‘n polisievoertuig aangesleep is, verskyn vandag weer in die Benoni-landdroshof.
Vangwa-sleep: Slagoffer se gedenkdiens gehou
Die vrou van oud-president Nelson Mandela was onder die roubeklaers wat Woensdag ʼn gedenkdiens vir Mido Macia (27), die Mosambiekse taxibestuurder wat dood is nadat hy agter ʼn polisievangwa aangesleep is, bygewoon het.
Vangwa-sleep: Polisie bly in aanhouding
Die saak teen agt polisiebeamptes wat verdink word van die moord op ‘n Mosambiekse taxibestuurder, is Maandag deur die Benoni-landdroshof tot Vrydag uitgestel.
Skokvideo: Agt polisiemanne vandag in hof
Agt polisiebeamptes verskyn vandag in die Daveyton-landdroshof in verband met die dood van ʼn Mosambiekse taxibestuurder wat agter ʼn polisievangwa in die Oos-Rand gesleep is.
Skok-video: Agt polisiemanne vas vir moord
Agt polisiebeamptes is Vrydagmiddag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn Oos-Randse taxibestuurder wat agter ʼn polisievangwa gesleep is.
Video: Polisie sleep taxibestuurder agter vangwa
WAARSKUWING: Die beeldmateriaal mag sensitiewe lesers ontstel.