Terwyl die dissipels nog staan en kyk hoe Hy in die wolke verdwyn, het twee mans uit die hemel by hulle kom staan. Een van die mans vra toe vir die dissipels: “Hoekom staan julle so na die hemel en kyk? Dink julle dat julle nooit weer vir Jesus gaan sien nie?” (Handelinge 1:10-11)
Alles vir die sleutelwoord "Milanie Vosloo"
Gedagte vir die dag: Aanvaar sy groot krag
Al wat julle hoef te weet, is dat God met sy groot krag in julle lewe sal werk wanneer die Heilige Gees na julle toe kom. Dan gaan julle oral oor My praat: hier in Jerusalem, maar ook in die hele Judea en Samaria. Ja, selfs tot aan die verste uithoeke van die wêreld. (Handelinge 1:7)
Gedagte vir die dag: Kyk in sy graf
“Goeiemôre!” het Hy gesê. Die vroue was totaal uit die veld geslaan. Hulle het voor Jesus neergeval en sy voete vasgegryp. Woorde van aanbidding het oor hulle lippe gestroom. (Matteus 28:10)
Gedagte vir die dag: Jy kan solank feesvier
Jesus antwoord hulle: “Ek is die brood van die lewe; Ek gee die ewige lewe vir mense. As iemand na My toe kom en vat wat Ek hom gee, sal hy geestelik heeltemal versadig word. As hy My vertrou, sal hy nooit weer geestelik dors kry nie.” (Johannes 6:35)
Gedagte vir die dag: Kniel by die krip
Die sterrekenners het toe daar ingegaan. Toe hulle Jesus sien, het hulle dadelik op hulle knieë neergeval. Uit respek het hulle laag op die grond voor Hom gebuig. (Matteus 2:11)
Gedagte vir die dag: Erváár Betlehem
Hulle het haastig soontoe gegaan. Daar het hulle vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Die skaapwagters kon hulle oë nie glo nie. (Lukas 2:16)
Gedagte vir die dag: Hemelse Kersinkopies
God is liefde. As daar dus liefde uit jou lewe straal, vertel dit hoe naby jy aan God leef. (1 Johannes 4:16)
Gedagte vir die dag: Om die hemel te sien
Ons staar ons glad nie blind teen alles wat hier met ons gebeur nie. Nee, ons kyk by al ons probleme en teenslae verby. Ons oog is net op God se wêreld ingestel. (2 Korintiërs 4:18)
Gedagte vir die dag: Moenie twyfel nie
Gelukkig is hy wat nie begin twyfel of Ek regtig die Messias is nie. (Matteus 11:6)
Gedagte vir die dag: Jy het vergifnis ontvang
Die Here het ’n goeie hart. Hy gee graag vir ons goeie dinge. Hy voel gou jammer vir iemand. (Psalm 111:4)
Gedagte vir die dag: Jy is sy dissipel
Met God en Jesus as getuie sê ek vir jou: vertel vir almal die boodskap van God. Jy moet altyd reg wees om dit te doen, maak nie saak wanneer nie. (2 Timoteus 4:2)
Gedagte vir die dag: Kniel by ander
Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink. (Filippense 2:4)
Gedagte vir die dag: Hart-oopmaak-tyd
Ons is geduldig en ons straal vriendelikheid uit. Die krag van die Heilige Gees is ook deur ons werksaam. Ons het ander mense regtig lief, sonder dat ons enigiets in ruil van hulle terugverwag. (2 Korintiërs 6:6)
Gedagte vir die dag: Hy ís by jou
Wanneer julle die pad byster raak, sal julle sy stem agter julle hoor sê: “Hier is die regte pad, loop hierlangs.” (Jesaja 30:21)
Gedagte vir die dag: Leef vir vandag én more
Dit wat ons vandag sien, is in elk geval môre nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat vir altyd sal bly bestaan, is God se nuwe wêreld. (2 Korintiërs 4:18)
Gedagte vir die dag: Dis juis nóú die tyd om te kniel
Ek is die Here. Ek is jou God. Daar is niemand anders wat julle kan verlos nie. Dit is net Ek wat julle uit julle probleme kan red. (Hosea 13:4)
Gedagte vir die dag: Leef met passie
Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. (Efesiërs 3:19)
Gedagte vir die dag: Lewenslange reis
Vul ons met u genade in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae. (Psalm 90:14)
Gedagte vir die dag: Jy kan maar in die toekoms leef
Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. (Romeine 12:12a)
Gedagte vir die dag: God skrik nie!
“Ek het nie die krag om aan te gaan nie. Ek het geen doel om voor te lewe nie. Is ek so sterk soos klip, en is my lyf van brons gemaak? Nee, ek is hulpeloos.” (Job 6:11-13a)