Só ’n konsentrasiestrategie is wettig en het niemand se toestemming nodig nie. Dit gebeur tans natuurlik en sal meewerk om ’n toekoms te skep waarin Afrikaners ook blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika sal kan leef.
Alles vir die sleutelwoord "minderheid"
Só kan jy Christene in Irak en Sirië help
Geopende Deure werk deur kerke en plaaslike vennote om noodleniging aan tienduisende ontwortelde Christene, soos Noeh en sy familie, in Irak en Sirië te voorsien.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag in een van sy mees omvangryke stappe nog om dubbele standaarde rakende die hantering van rassisme in die land hok te slaan ʼn nuwe eenheid bekendgestel wat rassisme en haatspraak sal vasvat.
Die moeilikheid is so oud soos die Grondwet self
Juis vanweë die feit dat daar slegs individuele reg is, maar geen minderheidsbeskerming soos hierbo verduidelik is nie, kan transformatisme sy loop neem. Die ANC het dit geweet. Sy destydse teenstanders het dit egter nie begryp nie.
Menseregte tot die derde mag
Die vraag bly, hoe reageer minderheidsgemeenskappe op die maklike uitweg wat meerderheidsregerings voorstaan? Vir Afrikaners word kollektiewe en gekoördineerde optrede al hoe dringender.
Dis US en ander politiek korrektes wat Afrikaans ‘laat doodgaan’
Waarom sou diskriminasie teen nie-Afrikaanssprekendes dan verkeerd wees, maar diskriminasie teen Afrikaanssprekendes in orde? Om dit maar reguit te stel: Dit getuig van skynheiligheid.
Vooraanstaande Amerikaanse advokaat gesels oor sy liefde vir Afrikaans
“In die VSA sien ons dat minderheidsgroepe hul eie skole stig en bestuur waar die regering besluit om nie hul taal in die bestaande skole aan te bied nie. Daar gaan dalk ʼn tyd kom wat Afrikaanse mense in Suid-Afrika en Namibië óók private skole sal moet open om kinders van alle agtergronde in Afrikaans te leer om só tot die taal se voortbestaan by te dra.”
Ondernemings moet veg teen knyptang-regulasies
Suid-Afrika se ekonomiese groei is hoogs afhanklik van ’n demokratiese stelsel wat op gelykheid gegrond is, en nie op rasvoorkeur nie. Die regering moet dit sterk oorweeg om na ’n meritokrasie te beweeg en hul eensydige, rasgebaseerde aanval op minderheidsgroepe in Suid-Afrika stop te sit.
Die geboorte van die Europese Unie
Deur die Europese Unie het minderheidsregte, wat daar as deel van menseregte beskou word, ʼn veel groter prominensie in die internasionale reg gekry. Uiteindelik behoort dit ook minderhede in Suid-Afrika tot voordeel te strek.
Zille-twietdebakel: Die tirannie van politieke korrektheid knou oop gesprek
My beroep op minderhede is om die toekoms met selfvertroue aan te pak, wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe te bevorder en nie toe te laat dat verdedigers van politieke korrektheid en anti-wit rassiste hulle tot stilswye dwing nie!
Selfdoen is beter as niksdoen!
Misdaad, korrupsie, wanbestuur en die miskenning van minderheidsregte is maar ’n paar van die sake wat ʼn mens in jou gedagtes oproep as jy oor die bedreigings nadink wat ons tans in die land moet trotseer. Na my mening is daar egter ’n baie groter bedreiging wat nie só voor die hand liggend is nie, naamlik apatie en niksdoen.
Sterk gemeenskapsorganisasies noodsaaklik vir sukses
Taal is oneindig belangriker as Staal. Daarom moet ons meer en beter doen as die gewone sakebesigheidsbeginsels en –bestuurders om in ʼn moeilike omgewing suksesvol te wees.
Gaan demokrasie oorleef?
Een van die onderwerpe waaroor almal in die land praat, is pres. Jacob Zuma. Wat is sy magsposisie in die ANC en die regering tans? Hoe lyk sy toekoms? En wat hou dit alles in vir die demokrasie en die minderheidsgroepe in ons land?
Studente neem nóú standpunt in!
Hou dus daarom asseblief op om almal met jou beperkte voorraad suigstokkies te paai en begin asseblief om standpunt in te neem – ten gunste van jou taal, kultuur, erfenis en reg om met goeie bedoelings te sê wat jy wil en om nie skuldig te voel oor die probleme van Afrika nie, maar trots dat jy een van die min is wat kon uitstyg ten spyte daarvan.
‘Zuma se uitlatings verkeerd verstaan’
President Jacob Zuma se uitlatings vroeër die week oor die meerderheid wat meer regte het in ʼn demokrasie is verkeerd verstaan, het die presidensie Sondag gesê.
Zuma: ‘Jy het minder regte, want jy is ‘n minderheid’
“Jy het meer regte, want jy is ‘n meerderheid, jy het minder regte, want jy is ‘n minderheid. Dit is hoe demokrasie werk.”