Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, sal Donderdag bekend maak of Eugene de Kock op parool vrygelaat gaan word.
Alles vir die sleutelwoord "minister"
SAUK se Motsoeneng permanent aangestel
Die SAUK se omstrede waarnemende bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, is permanent aangestel, het die openbare uitsaaier Woensdag berig.
‘Brandstigter’ wou glo met minister praat
ʼn Man het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag van brandstigting nadat hy die ontvangs van die departement van gesondheid se gebou in Pretoria aan die brand gesteek het.
‘Cele ‘n belediging vir landbou’
Bheki Cele se aanwysing as die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, is ‘n belediging vir die landbougemeenskap, het die Vryheidsfront Plus gesê.
Minister vaar uit oor “te min” swartes in bestuurposte
Minder as 20% van Suid-Afrika se top-bestuurposisies word deur swart mense gevul, het die minister van arbeid vandag tydens die bekendstelling van die 14de verslag van die Kommissie vir Billike Indiensneming gesê.
Uitjou van Zuma met ‘satanisme’ te doen sê minister
Fikile Mbalula, minister van sport, sê die uitjouery van pres. Jacob Zuma na die sokkerwedstryd tussen Bafana Bafana en Brasilië is besiel deur satanisme.
Sanral en minister erken e-tolprobleme
Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Dinsdag Sanral beveel om faktuurprobleme wat met die e-tolstelsel in Gauteng verband hou, te korrigeer.
Tanzanië-minister sterf in SA
William Mgimwa, Tanzanië se minister van finansies, is in ʼn Pretoria-hospitaal aan natuurlike oorsake oorlede.
Handboeke vir 2014 afgelewer
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Vrydag gesê alle provinsies het handboeke vir 2014 ontvang.
Facebook-vervalser samel fondse in
ʼn Facebook-gebruiker het ʼn vals profiel van Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en gestremdes, geskep en geld namens haar gevra.
Hooflanddros dobbel glo tydens kantoorure
Judy van Schalkwyk, die geskorste hooflanddros van Kempton Park, moet binnekort voor ’n tugkomitee verskyn op ʼn klagte van ernstige wangedrag, het Beeld Woensdag berig.
Minister moet opdok ná rugbyster se misdiagnose
Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat die minister van verdediging skadevergoeding moet betaal ná ʼn operasie op ʼn jong rugbyster by 1 Militêre Hospitaal skeefgeloop het.
Premier van Libië ontvoer
Gewapende mans wat glo “baie ordentlik opgetree het” het die Libiese premier, Ali Zeidan, vroeg Donderdagoggend uit ‘n hotel in die hoofstad Tripoli ontvoer.
Minister van gesondheid in staatshospitaal opgeneem
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is Dinsdag in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem.
ID-boekies dalk gou iets van die verlede
Die bekende groen ID-boekies mag dalk binnekort iets van die verlede wees. Na wat verwag word, gaan slim ID-kaarte reeds teen die volgende verkiesing gebruik word.