Twee mans is Donderdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat onwettige vuurwapens en ammunisie in hul besit gevind is.
Alles vir die sleutelwoord "misdaad"
Polisieman wat by stasie doodgeskiet is se naam bekend
Die polisiebeampte van die Wes-Kaap wat Woensdagaand omstreeks 10:30 by die Klapmuts-polisiestasie buite Stellenbosch doodgeskiet is terwyl hy aan diens was, se naam is bekendgemaak.
Polisiebeampte by stasie doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte van die Wes-Kaap is Woensdagaand omstreeks 10:30 by die Klapmuts-polisiestasie waar hy of sy aan diens was, doodgeskiet.
Vyf vas ná casino-roof
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle Mandag ʼn casino in die Oos-Kaap beroof het.
Man doodgery toe hy van aanvaller vlug
Hannes Baartman, ʼn 46-jarige man van George in die Wes-Kaap, is doodgery terwyl hy probeer het om van ʼn vermeende rower te vlug.
Pa skiet ma ná dogter polisie waarsku, hoor hof
ʼn Vrou van Sandrivier naby Hazyview het Dinsdag in die Nelspruit-sitting van die hooggeregshof in Pretoria getuig sy het die polisie gewaarsku dat haar pa in besit van ʼn vuurwapen was, skaars twee ure voor haar pa haar ma doodgeskiet het.
Mthethwa kan nie tel nie – AfriForum
Die burgerregtegroep AfriForum het in reaksie op die minister van polisie, Nathi Mthethwa, se opmerkings dat Suid-Afrika die stryd teen misdaad wen, gesê dat die minister die waarheid verdraai vir verkiesingspublisiteit.
PTA-man glo deur eksmeisie doodgeskiet
Lin Pretorius, ʼn 36-jarige vrou van Pretoria, het Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn in verband met die moord op haar voormalige kêrel.
Brooklyn-sentrum: Vier verdagtes by mislukte rooftog betrokke
Die Brooklyn-polisie is op soek na vier gewapende mans wat Sondag by ʼn mislukte rooftog by die Brooklyn-winkelsentrum in die ooste van Pretoria betrokke was.
Man vas wat glo gesin met byl vermoor
ʼn Man is Sondag in Douglas in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo twee gesinslede met ʼn byl vermoor het.
Polisie gaan 1 017 afdank oor misdaad
Die polisie gaan meer as ʼn duisend polisiebeamptes met kriminele rekords afdank, het die minister van polisie se kantoor gesê.
Man in Oos-Rand geskiet, aan die brand gesteek
ʼn Man is dood nadat hy Donderdag in Leondale, naby Germiston, doodgeskiet en aan die brand gesteek is.
Vermeende kriminele deur polisie doodgeskiet
Vier mans is Woensdagaand in Durban se Mariannridge-omgewing dood tydens ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.
Vyf gesinslede verkool in bakkie
Vyf gesinslede het Sondagaand in die Oos-Kaap verkool nadat die bakkie waarin hulle gery het aan die brand gesteek is.
Talle vasgetrek in teenmisdaad-operasie
Die polisie in Johannesburg het 41 verdagtes vir verskeie oortredings in hegtenis geneem tydens ʼn teenmisdaad-operasie oor die naweek.
Polisie kry voertuig terug ná kaping
Vinnige optrede deur beamptes van die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion, Gauteng, het daartoe gelei dat ʼn 25-jarige vrou van die omgewing se voertuig vinnig opgespoor is ná sy Donderdagaand daar gekaap is.
Video: Handsakdief-sindikaat doenig in Pretoria
ʼn Handsakdief-sindikaat teister glo winkelsentrums in Pretoria.
Twee skuldig aan JHB-vrou se moord, verkragting
Twee mans is Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshofsitting in Palm Ridge skuldig bevind aan die moord, verkragting en roof van Tracey-Lee Martins.
Name bekend van egpaar wat in voertuig doodgeskiet is
Die egpaar wat Dinsdag in KwaZulu-Natal doodgeskiet is terwyl hulle in hul voertuig gery het, se name is bekend gemaak.
Egpaar doodgeskiet terwyl hulle ry
ʼn Egpaar, albei in hul 30’s, is Dinsdag in KwaZulu-Natal doodgeskiet terwyl hulle in hul voertuig gery het.