Die joernalis, sakevrou en skrywer, Irna van Zyl, se derde speurroman, “Bloedsteen”, het in Maart by Penguin Random House verskyn. Sy gesels met Maryke Roberts oor die sprong van joernalis na kreatiewe skrywer, haar lewe in die Kaap, en wat volgende op haar wag.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "misdaadfiksie"
Boek-uittreksel: Bloedsteen
“Storm voel asof sy ook deur ’n sneltrein getref is. Nie ’n enkele gedagte gaan deur haar kop nie. Haar brein het botstil gaan staan. ’n Bol watte agter haar voorkop.”
Afrikaanse boekemark groei sterk
Uit die 525 000 volwasse fiksieboeke wat verlede jaar hier verkoop is, was 450 000 Afrikaans. Engelse boeke het ‘n skrale 3% van die totaal uitgemaak. Kortom: Afrikaans is ‘n onmisbare bate vir die land.
Boek: Tuisland
Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.