Die vakbond Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se ondersoek na kol. Kobus Roos, enkele dae voordat sy saak deur die arbeidshof in Johannesburg aangehoor sal word.Roos word tans ondersoek vir bewerings dat hy vertroulike inligting laat uitlek het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "misdaadintelligensie-saak"
Omstrede misdaadintelligensie-saak teen SAPD staan af
Solidariteit se onbillikearbeidspraktyk-saak teen die SAPD namens kol. Kobus Roos, wat al jare lank vergeefs probeer om korrupsie binne die SAPD aan die kaak te stel, het Maandag in die arbeidshof in Johannesburg afgestaan om te bepaal of ‘n skikking bereik kan word.