In hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hulle kyk na MiWay se uitvoerende hoof se sosialemedia-opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te nasionaliseer, en AfroWorld View se onlangse sluiting.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "miway"
Bou bereik meer as boikot
Die vraag bly egter of boikotte ’n blywende oplossing is vir Afrikaners as gemeenskap se weerloosheid sonder sterk beskermende instellings. Is dit nie tyd dat ons hierdie boikotte en regmatige wrewel omsit in positiewe opbouende energie wat weer volhoubare instellings kan skep nie?
MiWay-baas sê jammer oor omstrede twiet
“Ek wil dit duidelik stel dat ek nie Afrikaners haat nie en ook nooit so gesê het nie. Ek glo nie alle Afrikaners of Suid-Afrikaners is sleg nie en het ook nooit so gesê nie.”
MiWay-baas klap Afrikaners en toe klap hulle terug
Die uitvoerende hoof van MiWay, René Otto, het ’n twiet – nadat hy die boek The Lost Boys of Bird Island gelees het, uitgestuur wat Afrikaners en sosiale media gebruikers behoorlik ontstel het. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, reageer in ’n opebrief op Otto se twiet.
MiWay-e-pos: Dís hoekom ons nie stappe doen nie
René Otto, MiWay se uitvoerende hoof, het Maandag bekend gemaak waarom die korttermynversekeraar besluit het om nie stappe te doen teen ʼn persoon wat ʼn vervalste e-pos van die maatskappy op sosiale media rondgestuur het nie.
Skrywer van ‘rassistiese’ MiWay-e-pos bekend
“Ek vra om verskoning vir my dade. Ek het impulsief en onverantwoordelik opgetree en nooit gedink dat die voorval so handuit kon ruk nie. Ek het geleer hoe gevaarlik sosiale media kan wees as dit misbruik word, veral in Suid-Afrika.”
Kenners sê oor MiWay se ‘rassistiese’ e-pos
Die bevinding van ʼn onafhanklike forensiese ondersoek ná ʼn rassistiese e-pos wat lyk of dit van ʼn MiWay-personeellid gestuur is, is bekend gemaak.
‘Ontstoke klant’ glo agter MiWay-‘rasseherrie’
ʼn Rasseherrie het amper oor die kop van die versekeraar MiWay losgebars nadat ʼn skermskoot van ʼn skynbare rassistiese e-pos wyd op sosiale media versprei is.