Sewentien mense is dood en agt beseer in ʼn trompop botsing op die N1 naby die Mookgophong-afrit in Limpopo.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Mookgophong"
Boer (73) wat brand dink weer aan ploeg
Gert Nieuwenhuizen van Mookgophong het vroeër vanjaar sleg gebrand toe die wind gedraai het tydens ’n poging om ’n veldbrand te blus.
Boer in hospitaal ná veldbrand
“Toe draai die wind en die vlamme kom op my af – so hoog soos wat ék is.”
Vier sterf in Limpopo-ongeluk
“Dit is nooit lekker om op só toneel af te kom nie – veral nie as daar ʼn klein kindjie oorlede is nie.”
Onluste in Naboomspruit weens moord op inwoner
Die gemeenskap het geëis dat ʼn verdagte aan hul oorhandig word.
Gebarste band lei glo tot busongeluk
Die bestuurder van die bus, wat met meer as 30 passasiers van Zambië na Gauteng onderweg was, het omstreeks 06:30 op die N1 suid van Mookgophong beheer oor die voertuig verloor, vermoedelik nadat ʼn band gebars het.
Tuinier in hof ná moord op Limpopo-bejaarde
Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Pats Truter (79), wat vroeër vandeesmaand dood in die motorhuis van haar huis in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangetref is, het voorheen vir Truter as tuinier gewerk.
Man vas ná moord op Limpopo-bejaarde
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met moord op Pats Truter (79), die vrou wat Vrydag dood in die motorhuis van haar huis in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangetref is.
Familie krap kop oor bejaarde se raaiselmoord
“Dit is hoe ek haar altyd sal onthou. Sy was fenomenaal slim, ʼn briljante vrou. Tot op die einde was haar verstand so skerp en haar geheue onverbeterlik.”
Bejaarde in Limpopo aftree-oord vermoor
Die liggaam van ʼn bejaarde vrou is laat Vrydagmiddag in haar motorhuis in ʼn aftree-oord in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangetref.
Agt verkool in Limpopo-ongeluk
Agt persone is dood ná die taxi waarin hulle gery het, ʼn omgeslane sleepwa getref en die voertuig aan die brand geslaan het.
Betogings: Vonke spat in Limpopo
Brande is Woensdagaand in twee Limpopo-dorpe gestig, by ʼn huis en ʼn laerskool, vermoedelik deur ontstoke inwoners wat oor dienslewering betoog.
Limpopo-leerder neem eie lewe
Die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgopong (Naboomspruit), Limpopo, is Dinsdag gesluit nadat ʼn matriekleerder se liggaam Maandagaand in die koshuis gevind is.
Foto’s: Krugermunte tydens plaasaanval gebuit
Vyf verdagtes het onder andere glo Krugermunte gebuit toe David Naude (62) en sy vrou Ina (62) Donderdagaand op hul plaas Tobias Zynloop in Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangeval is.
11 sterf in gru-botsing in Limpopo
Elf mense, waaronder drie kinders, is Sondagaand dood nadat twee motors in Limpopo gebots het.