Drie minderjariges, wat na verwagting sou skuld erken vir hul rol om ʼn prostituut te vermoor en te onthoof, het Maandag in die Durbanse streekshof onskuldig gepleit.
Alles vir die sleutelwoord "moorde"
“Geen oorwinnaars in Oscar-saak,” sê oom
Arnold Pistorius, Oscar Pistorius se oom, het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gesê daar is geen oorwinnaars in die uitkoms van sy broerskind se moordverhoor nie.
Oscar Pistorius hoor eers later oor vonnis
Regter Thokozile Masipa het Oscar Pistorius se vonnisoplegging tot volgende maand uitgestel en sy borgtog verleng.
Muti-moord: Tiener is R2 miljoen vir prostituut se kop aangebied
WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel
Robertson-moordenaar kry lewenslank
Jaylin Karelse (20) is Donderdag gevonnis vir die verkragting en moord op Marlene Standaar in 2012 in Robertson in die Wes-Kaap.
Regskenners verdeeld oor Oscar Pistorius-uitspraak
Regskenners het Donderdag met gemengde gevoelens reageer op regter Thokozile Masipa se bevinding dat Oscar Pistorius onskuldig is aan die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.
Strafregkenner loof Oscar Pistorius-uitspraak
Prof. Kobus van Rooyen, ‘n strafregkenner, meen regter Thokozile Masipa het korrek opgetree deur Oscar Pistorius onskuldig te bevind aan moord.
Oscar Pistorius het nalatig opgetree
Regter Thokozile Masipa het bevind dat Oscar Pistorius nalatig opgetree het toe hy Reeva Steenkamp deur sy huis se badkamerdeur doodgeskiet het.
Oscar Pistorius onskuldig aan moord
Regter Thokozile Masipa het Donderdag bevind dat Oscar Pistorius onskuldig is aan moord.
Kaapstad-tiener vermoor toe hy glo kinders wou help
ʼn 15-jarige tiener is Dinsdagmiddag in Manenberg in Kaapstad vermoor, het die Wes-Kaapse polisie bevestig.
Egpaar in Kaapstad doodgeskiet
ʼn Man en ʼn vrou is Dinsdagoggend in hul slaapkamer in Tafelsig in Kaapstad doodgeskiet.
Twee vas ná moord op meisie (13)
Twee mans is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 13-jarige meisie doodgeskiet het in Protea Glen, Soweto.
Polisieman nie meer skuldig ná hy rower doodskiet
Die hof het bevind dat Jerome Earl King redelik opgetree het in die uitvoering van sy pligte. King het in 2007 ʼn rower doodgeskiet nadat laasgenoemde en ʼn makker by die Bonteheuwel-poskantoor ingebreek het.
Liggaam in brandende motor gevind
Die polisie het ʼn liggaam gevind in ʼn motor wat glo vroeg Vrydagoggend in Lenasia, suid van Johannesburg, aan die brand gesteek is.
Rusie oor selfoon lei tot vriend se dood
ʼn Man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy Maandag glo sy vriend in Johannesburg se middestad met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Man vas oor polisielid se moord
ʼn 37-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdagaand ʼn Johannesburgse polisiebeampte gekaap en doodgeskiet het.
Dagga gerook vóór Andries Pretorius-nasaat se moord
ʼn 19-jarige man van Noordwes het Dinsdag aan die Pretoriase hooggeregshof vertel hoe hy en twee van sy skoolvriende dagga gerook het voordat hulle Beres Jobling (56) op sy plaas naby Brits doodgeslaan en gewurg het.
Griekwastad-moorde: Don wil appelleer
Don Steenkamp (18) wat tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moorde op sy gesin in Griekwastad, sal appèl aanteken teen sy uitspraak en vonnis.
Tienermeisie vas ná moord op pa
‘n 17-jarige meisie is in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op haar pa.
Raadslid in hof oor moord op tienerseun
ʼn Raadslid van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes het Donderdag saam met haar seun en nog ʼn verdagte in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn tienerseun.