Nóg ʼn slagoffer van twee mans wat in ʼn wit Citi Golf in Pretoria rondry en hulself as polisiebeamptes voordoen en dan voetgangers van kontant beroof, het hul storie met Maroela Media gedeel.
Alles vir die sleutelwoord "moorde"
Man weer in hof ná gru-moord op vrou
Yengesen Pillay (42), wat glo sy vrou vermoor het deur haar nagenoeg 50 keer met ʼn skerp voorwerp te steek, het Donderdag vlugtig in die Randburg-landdroshof in Johannesburg verskyn.
Vrou vasgebind, dood in huis aangetref
‘n Vrou van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is met haar hande en voete vasgebind, dood in haar huis aangetref.
Polisieman skiet vriendin, los seuntjie langs pad
‘n Polisiekonstabel van Mpumalanga wat skuldig bevind is aan die moord op sy voormalige vriendin, is Woensdag gevonnis.
‘Polisie’ bedrieg jongman met moordslenter
Twee mans wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, het Dinsdag glo ʼn jong man van Pretoria van R6 450 beroof nadat hulle hom as ʼn ‘moordverdagte’ in hegtenis wou neem.
Twee soek ná hulle man glo vir ring en selfoon vermoor
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag ʼn beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir twee verdagtes wat glo ʼn egpaar aan die Oos-Rand beroof, en die man vermoor het.
Vyf in hof oor onthoofde liggaam
Vyf mense het Maandag in die Chatsworth-landdroshof verskyn in verband met die moord en onthoofding van ʼn vrou.
Vermeende plaasaanvallers na hooggeregshof verwys
Twee mans van Mpumalanga wat glo boere in Malelane tydens plaasaanvalle geteister het, se saak is na die Pretoriase hooggeregshofsitting in Nelspruit verwys.
Durban-metropolisielid skiet glo vriendin dood
ʼn Lid van die eThekwini-metropolisie is in Durban in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vriendin.
Honderde bring hulde aan Cradock-juffrou
Nagenoeg 300 mense het Maandagoggend hulde gebring aan Theresa Buys (43) van Cradock in die Oos-Kaap, twee weke nadat sy onder raaiselagtige omstandighede verdwyn het.
Geen borgtog vir Cradock-juffrou se ‘moordenaar’
Marius Isaacs (25), die man wat verdink word van die moord op Theresa Buys van Cradock in die Oos-Kaap, se aansoek om borgtog is Maandag in die dorp se landdroshof afgekeur.
Kleinhoewe-moord: “Hy was soos ʼn pa vir my”
Kobus van der Westhuizen (58) is Saterdagaand by sy huis op ʼn kleinhoewe naby Hartbeespoort in Noordwes beroof en vermoor.
Tienerseun bely hy het sy ma vermoor
Die seun word vir brandwonde in die hospitaal behandel nadat sy ma glo kookwater oor hom uitgegooi het.
Man in hof oor driejarige se moord
ʼn Ondersoek word gedoen om te bepaal of die driejarige Cuburne van Wyk seksueel aangerand is en of daar enige poging aangewend is om van die bewyse ontslae te raak.
Nog steeds geen spoor van Cradock-juffrou
ʼn Uitgebreide soektog na Theresa Buys van Cradock in die Oos-Kaap het teen Vrydag nog niks opgelewer nie. Die polisie vermoed dié 43-jarige onderwyseres se liggaam is in die Visrivier gestort.
Dewani geskik om verhoor te word
Die moordbeskuldigde Shrien Dewani is Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof bevoeg verklaar om verhoor te word vir die moord op sy vrou, Anni.
Man vas ná verkragting, moord by begraafplaas
ʼn 30-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo onlangs ʼn vrou in ʼn begraafplaas in die Oos-Rand verkrag en haar kêrel vermoor het.
Drie in hof oor plaasmoord
Drie mans het Woensdag in die Lephalale-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met die moord op die 79-jarige Koos Jonker.
Vrou glo versmoor ná sy om hulp roep
ʼn 45-jarige vrou is dood nadat sy en haar man Woensdag by hul huis in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangeval is.
Man vas oor ontvoerde kleuter se moord
ʼn Man is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering en moord van die kleuter, Cuburne Lavone van Wyk.