Jurgens van der Merwe (29), ʼn moordverdagte en heroïenverslaafde, het lugverfrisser gespuit en dwelms gebruik nadat hy op sy vriendin (42) se lyk in hul woonstel in Alberton afgekom het, berig Beeld.
Alles vir die sleutelwoord "moorde"
Man lewenslank tronk toe na hy 7-jarige verkrag en vermoor
‘n Man is in die Scottburgh-streekhof in KwaZulu-Natal tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die ontvoering, verkragting en moord op ‘n sewejarige meisie.
Vulstasiebestuurder op pad bank toe doodgeskiet
Gerhardt Lindeque (48), die bestuurder van die Engen-vulstasie in Mainweg in Bryanston, is Dinsdagoggend naby sy werksplek doodgeskiet toe hy op pad bank toe was.
Liggaam met ses skietwonde in reservaat gevind
ʼn Onbekende middeljarige man se liggaam is Dinsdag in ʼn veld by die Suikerbosrand-natuurreservaat naby Heidelberg in Gauteng opgespoor.
Geen mediese parool vir Anni Dewani se moordenaar
ʼn Man wat skuldig bevind is aan Anni Dewani se moord, se aansoek om mediese parool is afgekeur.
Hof bekyk weer PTA-tiener se wrede moord
Die Pretoria-Noord-landdroshof het gelas dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word ná die gru-moord op Anika Smit, die 17-jarige skoolmeisie van Pretoria wie se hande afgesny is nadat sy in 2010 verkrag en vermoor is, het Beeld Dinsdag berig.
Ses mans vas vir tiener se moord
Ses mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn tienerseun Maandag by ʼn kroeg in die Oos-Kaap.
Man se liggaam in stormwatersloot gevind
ʼn Man se liggaam is Dinsdag in ʼn stormwatersloot in Kaapstad opgespoor.
Drie in hof na moord op polisieman
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n polisiebeampte vermoor het, het in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn.
Verkragter, moordenaar swaar gevonnis
Ntokozo Skhumbuzo Mthimkhulu (32) is Donderdag in die hooggeregshof in KwaZulu-Natal swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan aanklagte van verkragting en moord op vroue.
Tienerseun vas oor vriend se moord
ʼn 14-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriend in Kagiso naby Krugersdorp in Gauteng vermoor het.
Vrou vas vir huurmoord op polisieman
ʼn 33-jarige vou en ʼn vermeende huurmoordenaar verskyn Woensdag in dorp se landdroshof in verband met ʼn polisiebeampte van Ladysmith in KwaZulu-Natal se onlangse “goed beplande moord”.
Vierde verdagte vas na moord op polisieman
‘n Vierde persoon is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n polisiebeampte van Limpopo.
‘Kannibaal-moord’: Verdagte pleit selfverdediging
‘n Man wat glo ‘n ander man vermoor en sy hart geëet het, beweer hy het uit selfverdediging opgetree, het die Athlone-landdroshof in Kaapstad Woensdag gehoor.
Vrou steek driejarige glo 99 keer met ‘n mes
ʼn Vroulike familielid van ʼn driejarige dogtertjie is in hegtenis geneem nadat die kind dood aangetref is met 99 steekwonde, het die polisie in die Vrystaat Dinsdag gesê.
Radio-omroeper vas ná moord op vriendin
‘n Radio-omroeper wat glo sy 32-jarige vriendin vermoor het, is Dinsdag in Gauteng in hegtenis geneem.
Vyf vas vir moord op polisielid
Vier mans en ʼn vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn Wes-Kaapse polisiebeampte.
Man 8 jaar ná moord en verkragting vasgetrek
ʼn 40-jarige man wat daarvan verdink word dat hy ʼn bejaarde vrou in die Oos-Kaap verkrag en vermoor het, is Woensdag, agt jaar ná die voorval, in hegtenis geneem.
Beloning vir platejoggie se inhegtenisname
ʼn Beloning van R50 000 is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van ʼn Gautengse radioaanbieder wat sedert Sondag die polisie ontduik ná sy meisie se moord.
Man op plaas doodgeskiet ná Sondagmiddagete
Carl Wessels (55) is Sondag op ʼn plaas naby New Hanover in KwaZulu-Natal doodgeskiet toe hy, sy vrou en twee vriende inbrekers by hul vriende se plaashuis onkant betrap het.