Twee seuns, onderskeidelik sewe en 13 jaar oud, is wees gelaat nadat hul ouers in Pabalello in die Noord-Kaap vermoor is.
Alles vir die sleutelwoord "moorde"
Vrou sterf jaar ná aanval
Isabel Hugo (67) van die Vrystaat wat bykans ʼn jaar gelede tydens ʼn betoging in Clocolan beseer is, is oorlede en haar vermeende aanvaller staar nou ʼn aanklag van moord in die gesig, het Beeld Woensdag berig.
Chanelle Henning-saak: Bewerings oor dwelms, molestering
Andre Gouws, een van die mans wat beskuldig word van die komplot om Chanelle Henning te vermoor, is glo aangesê om haar dop te hou, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Chanelle Henning-moord: Monye se oproepe, dreigemente bevraagteken
Oproepe na en van die telefoon van een van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn komplot gesmee het om Chanelle Henning te vermoor, is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof bevraagteken.
Paartjie in Volksrust vermoor
Emmie Brussow (37) en haar vriend, Taliep Mahobeer (42) is Vrydagmiddag dood aangetref in hul huis in Volksrust, Mpumalanga.
Chanelle Henning-saak: Monye se getuienis bevraagteken
Die getuienis van een van die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ‘n komplot om Chanelle Henning te vermoor, is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof bevraagteken.
11-jarige sterk aan ná verkragting, mesaanval
ʼn 11-jarige van Soweto wat verkrag en met ʼn skerp voorwerp gesteek is, sterk aan in die hospitaal.
Ambrose Monye getuig in Chanelle Henning-saak
Ambrose Monye, een van die mans wat glo deel was van die sameswering om Chanelle Henning te vermoor, het Woensdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof getuig.
Henning-beeldmateriaal “geloofwaardig”
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag tydens die Chanelle Henning-moordsaak gehoor dat beeldmateriaal van kringtelevisiekameras geloofwaardig is.
‘Verkragters’ gelukkig om wit vrou te kry, hoor hof
Een van die mans wat daarvan beskuldig word dat hy Ina Bonnette verkrag het, sê daar is aan hom en sy medebeskuldigdes gesê hulle was “gelukkig om die kans te kry om met ʼn wit vrou seks te hê.”
Sakeman se lyk naby hotel opgespoor
Michael Quin, ‘n 57-jarige sakeman, se liggaam is Dinsdag in Koffiebaai in die Oos-Kaap opgespoor.
Pa en seuns vas oor 7 moorde
‘n Man en sy twee seuns is in hegtenis geneem nadat hulle glo sewe lede van dieselfde familie doodgeskiet het.
Heyns-moordsaak: Twee trek borgaansoek terug, een veg voort
Die borgtogaansoek van een van die drie mans wat betrek word by die moord op dr. Louis Heyns word Dinsdag in die Somerset-Wes-landdroshof voortgesit.
Bloem-man gevonnis vir swanger meisie se moord
Quewin Coetzee (31) van Bloemfontein is Woensdag deur die Vrystaatse hooggeregshof tot 21 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy swanger meisie vermoor het.
Vrieskasmoord: Boer se naam bekend
Die polisie in Queenstown ondersoek ‘n saak van moord nadat die liggaam van ‘n boer in ‘n vrieskas opgespoor is.
Boer se liggaam in vrieskas opgespoor
Die liggaam van ‘n Queenstown-boer is in ‘n vrieskas opgespoor, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.
Pistorius-familie ‘geruk’ deur moordtoneelfoto’s
Oscar Pistorius se familie sê hulle is ‘geruk’ deur die moordtoneelfoto’s wat aan die media uitgelek het.
Foto’s van Reeva Steenkamp-moordtoneel gepubliseer
Sky News in Brittanje het Vrydag foto’s publiseer wat glo in die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, se huis geneem is nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, geneem is.
Jong ma sterf ná wrede aanval
Carmen Manthe, ʼn jong ma, is Dinsdag oorlede nadat sy, haar 11 weke oue baba, ma en huishulp verlede week in Willowvale in die Oos-Kaap deur drie mans met byle aangeval is.
Burgemeester geskok oor bylmoorde
Mondli Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni in Gauteng, het Maandag sy skok uitgespreek oor ‘n berig dat ‘n 14-jarige seun van Etwatwa vier van sy familielede met ‘n byl doodgekap het.