Altesaam 17 mense, waaronder skoolkinders, is Donderdag beseer toe ʼn beheerde ontploffing by ʼn oop steengroef in Pretoria skeefgeloop het.
Alles vir die sleutelwoord "Moot"
Moot-moord: ‘Waarskynlikheid bestaan dat res van gesin in gevaar is’
Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55), het Maandag emosieloos gestaan en luister toe landdros Kiru Pillay op die vierde dag van sy borgtogaansoek, wat op 6 Mei begin het, in die Pretoria-landdroshof haar uitspraak gelewer het.
Moot-moord: Was dit beplan?
Landdros Kiru Pillay moet onder meer eers besluit of die moord op pastoor Elsabe van Niekerk voorafbeplan was voordat Stefan Visser (29), haar skoonseun wat van die daad aangekla word, gaan weet of sy borgtogaansoek suksesvol was.
Moot-moord: Skoonseun hoor dalk van borgtog
“Vir iemand om iemand anders 31 keer met ʼn mes te steek en vier keer te sny, kan aandui dat só ʼn persoon nie by sy volle bewussyn was nie. Hy kon geknak het en bewussyn verloor het.”
Moot-moord: Hy dreig glo om gesin te vermoor, selfmoord te pleeg
Stefan Visser (29), die man wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55), sal minstens nog ʼn week agter tralies moet deurbring voordat hy weet of sy borgtogaansoek suksesvol was.
Moot-moord: Borgtogaansoek hervat
Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma, Elsabe van Niekerk (55), se borgtogaansoek word Donderdag in die Pretoria-landdroshof hervat.
Moot-moord: Verdagte onthou glo nie wat gebeur het nie
Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma, kan glo nie alles onthou wat op die dag van haar moord in Pretoria se Moot-gebied gebeur het nie.
Moot-moord: Verdagte wil ‘nuwe feite’ voorlê
Stefan Visser (28), wat aangekla word van die moord op sy eksskoonma, Elsabe van Niekerk (55), het Vrydag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Moot-tiener deur vragmotor raakgery
ʼn 18-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat hy Dinsdagmiddag in die Pretoriase Moot deur ʼn vragmotor raakgery is.
Moot-moord: Verdagte hoor dan oor borgtog
Die Pretoriase landdroshof het Donderdagoggend weer die saak aangehoor van Stefan Visser (28) wat aangekla word van die moord op sy eksskoonma, Elsabe van Niekerk (55).
Lyk by Pta-laerskool nog ʼn raaisel
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn man by ʼn Pretoriase laerskool nie.
Liggaam by Pta-laerskool gevind
Die liggaam van ʼn man, glo in sy vroeë 30’s, is Maandagoggend by ʼn Pretoriase laerskool gevind.
Pta-polisie fnuik vlugtende motorrowers
Twee vermeende rowers is tans onder streng polisiebewaking in die hospitaal. Hulle het hulle Woensdag teen op en wakker polisiebeamptes vasgeloop kort nadat hulle ʼn motorhandelaar in Pretoria beroof het.
Man wat PTA-restaurant beroof sit lank
‘n Man is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n restaurant in Pretoria beroof het, het die polisie Vrydag gesê.
Huishulp red bejaarde uit brandende huis
ʼn Huishulp van Pretoria het Malie Immelman (92), haar werkgewer se bejaarde ma, Dinsdag uit ʼn brandende tuinwoonstel gered.
PTA-rower in kop geskiet
Waarskuwing: Die foto onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel.