Minstens een van die gaste word betrek by haar ondersoek na die Gupta-verwante Estina-suiwelplaas naby Vrede in die Vrystaat.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Mosebenzi Zwane"
Ouma se advies aan die ANC
“As jy ’n pynlike abses toeplak, word dit net erger. Die beste oplossing is om die abses oop te steek sodat al die gemors kan uitkom. Dan word dit gouer gesond,” was ouma se praktiese advies.
Zwane daag nie op vir vrae oor staatskaping
Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale hulpbronne, het Woensdag nie opgedaag om voor die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne vrae te beantwoord oor bewerings van staatskaping nie.
Klagtes teen mynminister ondersoek
Die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne het Woensdag gesê hy sal ʼn ondersoek van stapel stuur oor bewerings teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.
Nuuskommentaar: Kul jou hier, kul jou daar en siedaar
Die naweek se bontpratery oor die “voorgenome” inhegtenisneming van min. Mosebenzi Zwane en minstens twee Gupta-broers, en toe ontkenning, werp ’n skadu oor die Ramaphosa-bewind se oorname en geloofwaardigheid.
Die erns van Zwane se waansinnige handves sink in
Die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, het gelyk wanneer hy die nuwe mynbouhandves ’n “revolusionêre instrument” noem. Een van die hoofdoelwitte daarvan is om die staatsmynmaatskappy te bevoordeel, en om te help met die toename van die nasionalisering van myne sonder vergoeding.
Zwane nié nou beskikbaar oor bande met Guptas
Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het laat weet hy is besig met kabinetsaangeleenthede en sal nie Woensdag beskikbaar wees om deur LP’s gepols te word oor sy verhouding met die omstrede Gupta-familie nie.
Ooreenkoms bereik oor mynregte-moratorium
Die Kamer van Mynwese en die departement van minerale hulpbronne het Vrydag ʼn ooreenkoms in die hooggeregshof in Pretoria bereik.
Zwane het nie Indië-reis verklaar nie, sê DA
Die Demokratiese Alliansie sal die openbare beskermer versoek om ondersoek in te stel nadat Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, vermoedelik die Vrystaatse wetgewer mislei het toe hy versuim het om ʼn reis na Indië te verklaar wat deur die welgestelde Gupta-familie betaal is.
Zuma sê hy ‘het Zwane berispe’
Pres. Jacob Zuma het Maandag gesê hy het Mosebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, berispe omdat hy vroeër vanjaar verkeerdelik aangekondig het dat die kabinet goedkeuring gegee het dat die banke wat hul bande met die Gupta-familie verbreek het, ondersoek word.
Kabinet ‘ook onkant gevang’ deur Zwane-verklaring
Jeff Radebe, woordvoerder van die kabinet en minister in die presidensie, het Donderdag gesê kabinetslede is ook onkant gevang deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, se uitsprake dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word na die banke wat hul verhoudings met die Gupta-familie verbreek het.