Die voorsitter van die raad van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) is afgedank nadat sy die agentskap se uitvoerende hoof geskors het oor die diefstal van renosterhorings, berig Saturday Star.
Alles vir die sleutelwoord "Mpumalanga"
Kindermartel-saak weer uitgestel
ʼn Vrou van Mpumalanga wat haar susterskind jare lank gemartel het, se vonnis is Vrydag weer in die Nelspruit-streekshof uitgestel.
Man kry lewenslank vir verkragting van 7-jarige niggie
’n Man van Mpumalanga is lewenslange tronkstraf opgelê in die Nelspruit-streekhof vir die verkragting van sy sewejarige niggie.
Renosterhorings van miljoene rande gesteel
Nagenoeg 40 renosterhorings ter waarde van miljoene rande is uit kluise by die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MPTA) se kantoor in Nelspruit, Mpumalanga gesteel.
Een verdagte, een veiligheidswag dood tydens Witbank-transitorooftog
Twee mense, insluitend ʼn veiligheidswag, is Dinsdag tydens ʼn transitorooftog in Witbank doodgeskiet en ʼn derde is beseer.
Video: Ermelo-boere leef in vrees
Boere leef in vrees na ‘n plaasaanval in Ermelo slegs twee dae nadat ‘n 77-jarige boer op sy plaas vermoor is.
Mpumalanga ‘n rampgebied ná vloede
Die koste van vloedskade in Mpumalanga word op nagenoeg R535 miljoen beraam.
Mpuma-verkragter skuldig bevind
ʼn Man is Dinsdag in die streekshof in Secunda aan 48 uit 57 aanklagte van verskillende misdade skuldig bevind, insluitend moord en verkragting.
Renosterstroop-verdagte in hof; voertuie verkoop vir misdaadeenheid
ʼn Voormalige polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn sleutelman in renosterstropery is, het Maandag in die streekshof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn.
Oordeelsdag vir ‘moordenaar en verkragter’
ʼn 33-jarige man wat tereg staan op 57 aanklagte van onder meer moord en verkragting sal na verwagting Dinsdag in die Secunda-streekshof in Mpumalanga gevonnis word.
Vier dood, 12 beseer in ongeluk
Vier mense is dood en 12 mense beseer in ʼn ongeluk op die R573 Molotopad naby Kwaggafontein in Mpumalanga.
Man vas oor 20 skape in Tazz
ʼn Man is in Ermelo in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat hy met 20 gesteelde skape in sy Toyota Tazz betrap is.
Ouma in hof op seksaanklag
ʼn Ouma van Mpumalanga het Maandag in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklag dat sy haar oorlede man aangemoedig het om seks te hê met haar sewejarige kleindogter.
Ses verdrink in Mpumalanga-vloede
Ses mense het in verskillende gebiede van Mpumalanga verdrink weens erge vloede, het die polisie Maandag gesê.
Vermeende verkragter na Weskoppies gestuur
ʼn Man van Mpumalanga wat na bewering ʼn 10-jarige meisie verkrag het, is na Weskoppies-hospitaal verwys vir ʼn sielkundige ondersoek.
Vermiste motorfietsryer dood aangetref
ʼn 68-jarige motorfietsryer van Mpumalanga wat Saterdagmiddag as vermis aangemeld is, is ná middernag langs die pad dood aangetref.
Leerling in hof oor skoolmoord
‘n Leerling van Mpumalanga wat glo ʼn ander skolier met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het, sal na verwagting Maandag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.
Vrou dankbaar die “monster” is nou in die tronk
‘n Man van Mpumalanga is Dinsdag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy ‘n 81-jarige vrou verkrag en verwurg het.
“Hoop vir Mpumalanga se natuurlike erfenis” – AfriForum
AfriForum sê daar is hoop vir Mpumalanga se natuurlike erfenis, nadat die provinsie se LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, meer as 73 000 hektaar grond tot “bewaarde omgewings” verklaar het.
15 mense sterf in gru-ongeluk; paramedici kry traumaberading
Familielede moes Saterdag 15 mense se liggame uitken wat in ʼn ongeluk in Mpumalanga omgekom het.