Beloftebos is ook in 2017 by die MRK verkla.
Alles vir die sleutelwoord "MRK"
MRK sê oor Etzebeth-saak
Die Menseregtekommissie het Vrydag gesê die hersieningsaansoek is in die Pretoriase hooggeregshof teruggetrek, in oorleg met Eben Etzebeth.
Spesiale nuuskommentaar: Alle wittes is rassiste, aldus Malema
Julius Malema, hoofaanvoerder van die EFF, is bekend vir sy persoonlike liefde vir luukshede, maar ook onverantwoordelike losbekkigheid. Tog het ’n juridiese haarklowery hom al dikwels van teenspoed gered, maar dié keer het hy sy hand onmiskenbaar, selfs met die grootste juridiese akrobasie, duidelik erg oorspeel. Gaan hy nou sy vingers verbrand?
Catzavelos pleit skuldig
Catzavelos en die MRK het vroeër ʼn skikkingsooreenkoms aangegaan.
MRK oor Etzebeth-saak: ‘Daar is bewyse’
“Dit is ook nie waar dat die uitvoerende hoof ooit gesê het daar is nie genoegsame bewyse nie.”
Minister moet ingryp by MRK, sê Afrikanerbond
Die Afrikanerbond het die minister van justisie Donderdag versoek om dringend in te gryp om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) “van homself te red”.
Jones: ‘MRK ondersoek my nie oor Etzebeth-uitlatings’
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het dalk geen formele ondersoek geloods na adv. Buang Jones se uitlatings oor Bok-slot Eben Etzebeth se saak nie.
Etzebeth-saak: Dís waar MRK nou staan
Die Springbokke het in dié stadium die rugbywêreld aan hul voete, maar op tuisbodem gaan die klag van haatspraak teen Etzebeth voort.
MRK ondersoek riool in Krokodilrivier
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ondersoek die storting van riool in die Bier- en die Rooikuilspruit. Die spruite voed die Krokodilrivier.
Etzebeth-saak: MRK reageer nog vóór klaers verklaring aflê
Adv. Buang Jones van die MRK se uitlatings oor Eben Etzebeth is gemaak vóórdat die klaers ‘n beëdigde verklaring oor die saak kon aflê.
Buang Jones dalk nuwe adjunk- openbare beskermer
Adv. Buang Jones, die omstrede hoof van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling, is op die kortlys van kandidate vir die pos van adjunk- openbare beskermer.
Solidariteit versoek MRK om aan Etzebeth-saak te onttrek
Jones se uitsprake doen die MRK se bedenklike reputasie gestand, daarom moet die kommissie hom aan die Etzebeth-saak onttrek.
Solidariteit wil Etzebeth-saak in hof steun
Solidariteit het Woensdag in die gelykheidshof aansoek gedoen om as vriend van die hof toe te tree tot die Eben Etzebeth-saak.
Afrikanerbond sê MRK verloor ‘alle geloofwaardigheid’ in saak teen Etzebeth
Jan Bosman, voorsitter van die AB, het Vrydag gesê wat ook al op die betrokke aand in Langebaan gebeur het, moet objektief en regverdig beoordeel word.
MRK is bevooroordeeld in Etzebeth-saak – VF Plus
Die uitlatings van adv. Buang Jones, nasionale hoof van die Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling, Donderdag oor Eben Etzebeth se beweerde gebruik van haatspraak, is uiters voortydig en bevooroordeeld, sê die VF-Plus.
SA Rugby begin ‘interne proses’ teen Etzebeth
“Ons het tot dusver voldoen aan alle versoeke en sal voortgaan om dit te doen soos en wanneer dit van ons verwag word.”
Ou vlag: AfriForum se aansoek om appèl geweier
“Nadat die gronde van die appèl en die argumente van die advokaat oorweeg is sonder om die dele van die uitspraak te herhaal, word die appèl van die hand gewys.”
Regering neem MRK hof toe oor gelykheidsverslag
Die regering gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) na die hooggeregshof neem oor dié menseregtewaghond se gelykheidsverslag. Dit is vandag in die arbeidshof in Johannesburg bekend gemaak.
Etzebeth, MRK vergader oor klag
Die Springbok Eben Etzebeth het Donderdag met verteenwoordigers van die Menseregtekommissie (MRK) in Johannesburg vergader nadat ʼn klag teen hom aanhangig gemaak is.
Catzavelos skik met MRK oor k-woord, sê jammer
Die skikkingsooreenkoms behels ‘n groot boete en ‘n verskoning van Catzavelos.