Die DA het Woensdag in ʼn verklaring gesê die voormalige Tlokwe-burgemeester, Maphetle Maphetle, en sy komitee weier om hul kantore te ontruim nadat hulle Dinsdag ontsetel is.
Alles vir die sleutelwoord "munisipaliteit"
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
Maphetle Maphetle, wat weens ʼn mosie van wantroue nie meer die burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit is nie, het Woensdag gesê hy wil inwoners van Potchefstroom “gerusstel” dat alles binnekort weer na “normaliteit en stabiliteit” sal terugkeer.
AfriForum pak 43 munisipaliteite
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om hofaansoeke teen 43 munisipaliteite dwarsoor Suid-Afrika voor te berei.
KZN-raadslid se kantoor aan die brand gesteek
Die kantoor van ʼn raadslid van Umlazi in KwaZulu-Natal is Sondag deur ontevrede inwoners aan die brand gesteek.
Vrae oor Oos-Kaapse burgemeester se R800 000 reiskostes
Zukiswa Ncitha, die burgemeester van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap, het sowat R800 000 van belastingbetalers se geld gebruik vir binnelandse reise om “funksies” by te woon.
Oudtshoorn: DA-oorname glo “onwettig”
Die “oorname” van die Demokratiese Alliansie (DA) van die ANC-beheerde Oudtshoorn-munisipaliteit ná ‘n mosie van wantroue ingedien is, is onwettig, het die Wes-Kaapse munisipaliteit Vrydag gesê.
DA het Oudtshoorn-munisipaliteit “oorgeneem”
Die Demokratiese Alliansie (DA) het die Wes-Kaap se Oudtshoorn-munisipaliteit oorgeneem nadat ‘n mosie van wantroue Vrydag deur ANC-verteenwoordigers goedgekeur is.
Cederberg: Burgemeester se tugverhoor begin
Die tugverhoor van Cederberg se burgemeester het Maandag in Kaapstad begin.
Munisipaliteit vermis twee baie duur pale
Twee houtpale ter waarde van R3.05 miljoen het glo vermis geraak by die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes.
ANC stil oor Cederberg-munisipaliteit
Die ANC in die Wes-Kaap wil nie kommentaar lewer oor bewerings van korrupsie by die Cederberg-munisipaliteit alvorens ‘n ondersoek afgehandel is nie.
Raadslede skuld R1.7 miljoen aan munisipaliteite
Raadslede van KwaZulu-Natal skuld glo meer as R1.7 miljoen in agterstallige eiendomsbelasting en dienste aan die munisipaliteite wat hulle verteenwoordig.
AfriForum bring aansoek om Klerksdorp se krag te red
AfriForum gaan die hof nader om die Klerksdorp-munisipaliteit te dwing om sy verpligtinge teenoor Eskom na te kom en gelyktydig Eskom verbied om môre kragtoever na die gebied te sny.
Hartbeespoort-munisipaliteit oor vingers getik oor krag
Die burgerregte-organisasie AfriForum se tak in Hartbeespoort het die Madibeng-munisipaliteit versoek om binne 12 ure die elektrisiteit na inwoners se huise te herstel.
Hofbevel dwing munisipaliteit om dienste te lewer
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof ’n dringende bevel teen die Vhembe-distriksmunisipaliteit verkry om hulle te dwing om water aan die inwoners van Louis Trichardt (Makhado) te voorsien.