Dalene Nel praat oor positiewe denke en ons kyk ook na die werksaamhede van musiekterapeute in Suid-Afrika.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Musiekterapie"
Allegaartjie 2 – Program 133
Ons gesels vir oulaas met Amalia Verbeeck oor musiekterapie. Liesl du Plessis van GroupBeat bespreek stres en hoe musiek daarvoor kan help en ons gesels met David Fourie.
Allegaartjie 2 – Program 128
Amalia Verbeeck vertel van die skakel tussen musiek en wiskunde. Inge Strydom vra Bobby van Jaarsveld en Marilyn Ramos om ʼn geheim of twee te verklap. Ons gesels ook met Liesl du Plessis van GroupBeat wat ʼn tromsirkel gebruik om stres in die werksplek te verlig.
Allegaartjie 2 – Program 123
Amalia Verbeeck praat oor beginsels van musiekterapie wat jy by die huis kan toepas. Ons vra Corlea Botha om ʼn paar geheime oor haarself te verklap en vertel jou meer oor die nuwe Afrikaanse glanstydskrif, Bella.
Allegaartjie 2 – Program 118
Ons gesels verder oor musiekterapie. Inge Strydom vra vir Amalia Uys om ʼn paar geheime te verklap en ons vertel jou meer oor ʼn staptog deur die Karoo ten bate van die Hero Burn Foundation.
Allegaartjie 2 – Program 113
Ons begin ʼn splinternuwe gesprekreeks met ʼn musiekterapeut, kuier by Juanita du Plessis en gesels met Anna Davel oor haar kindermusiek-album.