Die Sama-benoemde Charlize Berg verras haar gehoor met ’n kleurvolle en unieke musiekvideo vir die enkelsnit “My hart myne”. Dié musiekvideo is by Hartbeespoort in Pretville verfilm.
Alles vir die sleutelwoord "musiekvideo’s"
Nuwe vrystellings: 30 November 2015
Kurt Darren, Brendan Peyper en Carla Oberholzer het onlangs ‘n paar nuwe snitte vrygestel.
Video: Carla Oberholzer skryf liedjie vir boere oor droogte
Carla Oberholzer het nou ʼn liedjie geskryf en opgeneem wat sy opdra aan boere wat gebuk gaan onder die droogte.
Maroela Media Top 20: 30 November 2015
Dit is ‘n groot week vir Cordelia; sy is moontlik die eerste kunstenaar wat drie solotreffers tegelyk op die Top 20 het.
[Video] Saarkie vertel Dullstroom-stories in nuwe musiekvideo
Die Afrikaanse rockgroep, Saarkie, het onlangs die musiekvideo vir die enkelsnit “Dullstroom”, van die album Reisiger af, bekendgestel.
Resensie: “Die eerste 10 jaar” – Bobby van Jaarsveld
Met hierdie album kom ʼn mens agter wat hy al bereik het op so ʼn jong ouderdom; hy is een van die min kunstenaars wat op ʼn jong ouderdom begin sing en vasgebyt het. As jy van Bobby hou, kan jy gerus hierdie album by jou versameling voeg, al het jy al die musiek wat hy al voorheen vrygestel het.
Resensie: ‘Die tyd is nou’- Amor Vittone
Deur die jare moes Amor baie kritiek verduur en sommige mense het nie veel van haar as sangeres gedink nie. Met hierdie album wys sy egter wat in haar steek. Dalk was ʼn goeie span liedjieskrywers al wat sy nodig gehad het en daarby is die musikale verwerkings op die album baie goed. Amor is terug met mening, en dit het tyd geword om haar ernstig op te neem!
Resensie: “If you could read my mind” – Steve Hofmeyr
Hierdie CD van Steve Hofmeyr gaan baie gewild wees. Dit maak nie saak of jy ʼn liefhebber van Steve se musiek is of nie en of jy van country hou of nie. Hierdie CD kan sonder voorbehoud aanbeveel word en sal by ʼn baie groot gehoor aanklank vind.
Luister: MonArk sluit 2015 op ʼn hoë noot af
Eugene Coetzer, hoofsanger van MonArk, en Deon de Klerk, baskitaarspeler, het met Esté Meyer Jansen gesels oor die nuwe album, hulle besonderse musiekvideo’s en die groep se planne vir Desember.
Luister: Sorina se lewe kry gestalte in hoofletters
Sorina Erasmus vertel haar lewe kry nou gestalte in hoofletters, en boonop is haar tweede kind ook nou op pad.
Luister: Julius Walt bou volledige stel vir nuwe musiekvideo
Julius Walt het onlangs sy solo-loopbaan as sanger begin en as daar nou een ding is waarvoor dié man nie terugdeins is nie, dan is dit avontuur. Hy is tans besig om sy jongste musiekvideo, “Gebreekte glas”, te vervaardig en het ʼn Mexikaanse dorpie gebou as stel vir die video.
Nuwe vrystellings: 23 November 2015
Sharoney, Kurt Darren en Joshua Na Die Reën het nuwe musiek.
Maroela Media Top 20: 23 November 2015
Elke snit wat Leah tot dusver op die Top 20 gehad het, het die eerste plek gehaal, en met “Meer as niks” maak sy weer só; sy styg twee plekke om die eerste plek te bereik.
Resensie: ‘Plek hier in die son’ – Anton Botha Band
Dit gebeur nie sommer dat ʼn kunstenaar twee albums in een jaar uitreik nie, maar dit is presies wat Anton Botha vanjaar gedoen het.
Luister: Adam en Daniel Baron span saam op nuwe kortspeler
As jy hou van goeie wysies, eenvoudige lirieke en harmonieë is die nuwe kortspeler van die musiekgroep Adam en Daniel Baron net die album vir jou. Esté Meyer Jansen het telefonies met Hugo van Adam gesels om ’n bietjie meer oor dié kortspeler se musiek te wete te kom.
Nuwe vrystellings: 16 November 2016
Jak de Priester, Joshua na die reën, Hemelbesem en Riaan Grobler het nuwe liedjies.
Maroela Media Top 20: 16 November 2015
Vandeesweek is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vyf wat hul posisies behou en een nuweling. Jannie en Corlea behou hul eerste plek, maar hulle is onder groot druk van die titelsnit van Cordelia se nuwe album, Breek die stilte, wat na die tweede plek opskuif.
Nagligte maak opslae as rockgroep in Suid-Afrika
Hierdie kompetisie is gesluit: Maroela Media het vyf dubbelkaartjies om weg te gee vir die CD-bekendstelling van Nagligte. Lesers wat graag die bekendstelling wil bywoon op Woensdag 25 November om 20:00 by Weiveld in Zwavelpoort by die Bronberg-landgoed, Pretoria kan net die vraag beantwoord: Wat is die titel van Nagligte se album?
Resensie: Die tyd is nou – Dewald Gouws
Soos wat ʼn mens met sy vorige albums al kon agterkom, is Dewald Gouws ʼn aanwins vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, veral vir Christelike musiek. Hy het nie net ʼn baie goeie tenoorstem nie, sy boodskap is suiwer en hy sing beslis nie vir eersug nie, maar eerder omdat hy die Here met ʼn opregte hart wil loof en aanbid.
Resensie: ‘Kalm voor die storm’ – Juan Boucher
Juan het hom die afgelope paar jaar gevestig as ʼn goeie liedjieskrywer en sanger, wie se musiek op ʼn jong gehoor gemik is, maar wat ook by ʼn groter gehoor byval behoort te vind.