Nadat hy in die verlede hoofsaaklik sukses met Afrikaanse en Engelse pop- en rockmusiek behaal het, keer Steve Hofmeyr terug na ʼn genre wat hy laas in 2008 met sy Kris Kristoffersen- huldeblykalbum, Help Me Make it through the Night, gesing het, naamlik country.
Alles vir die sleutelwoord "musiekvideo’s"
Nuwe vrystellings: 9 November 2015
Bobby van Jaarsveld, Adam Tas, Andriëtte en Broers het nuwe musiek.
Maroela Media Top 20: 9 November 2015
Daar is ‘n nuwe nr. 1-treffer op hierdie week se Top 20. Die titelsnit van Jannie Moolman en Corlea Botha se album “Alle paaie lei na Rome” neem die eerste plek by Andriëtte oor.
Ontmoet Carla Oberholzer
Toe Heuning vroeër vanjaar ʼn treffer met “Drome” gehad het, het die musiekbedryf vir die eerste keer kennis gemaak met die komponis van daardie liedjie, Carla Oberholzer.
Resensie: ‘Dis die liefde’ – Riaan Grobler
Riaan Grobler se aanhangers moes lank wag vir hierdie album, maar op die ou einde was dit die moeite werd.
Nuwe vrystellings: 2 November 2015
Andriëtte, Dewald Gouws en Cordelia het onlangs nuwe musiek bekendgestel.
Maroela Media Top 20: 2 November 2015
Adam en Vaughan Gardiner se liedjie “Wat nou?” is in die 13de plek terwyl DZL se “Langpad” die nuweling is op hierdie week se Top 20.
Adam en Daniel Baron se kortspeler hier
ʼn Mens kan ook hoor hoedat Adam en Daniel Baron se onderskeie musiekstyle bymekaarkom en ʼn klank voortbring wat terselfdertyd herkenbaar en vars is.
Resensie: ‘Nogtans sal ek sing’ – Anneli van Rooyen
Anneli van Rooyen kan met reg as een van die legendes van Afrikaanse musiek beskou word. Baie mense was bekommerd oor haar sangloopbaan nadat sy die operasie ondergaan het, en min mense het gedink dat sy ooit weer ʼn album sou opneem. Daarom was hierdie album een van die grootste verrassings van die jaar.
Afrikaanse kunstenaars bring hulde aan legende
Op 8 Julie 1994 het die Afrikaanse sangeres Cora-Marie haar stryd teen kanker verloor toe sy net 41 jaar oud was.
Video: Cordelia se splinternuwe musiekvideo nou te sien op Maroela Media
Hierdie kompetisie is gesluit: Cordelia het Maandag eksklusief haar jongste musiekvideo van die liedjie “Eerste woorde” op Maroela Media bekendgestel.
Maroela Media Top 20: 26 Oktober 2015
Die groot nuus onder die eerste vyf is dat Brendan Peyper vier plekke styg en vandeesweek in die derde plek is.
Resensie: ‘Beautiful Beautiful Hymns’ – Rocco de Villiers
Mense wat nog glo dat ʼn mens op ʼn Sondag rustig moet verkeer sal veral baie hiervan hou. Miskien sal dit ook byval vind by diegene wat nie gewoonlik na Rocco se musiek luister nie, maar tog van iets met ʼn meer klassieke aanslag hou. Dit is beslis een van sy beste albums nog en dalk een van die heel beste instrumentale albums van die jaar.
Resensie: Hie’ kommie Bokke (20ste herdenkingsalbum) – Leon Schuster
As jy ʼn rugbyliefhebber is en jy het hierdie album nog nooit in jou versameling gehad nie, moet jy ʼn plan maak om dit in die hande te kry!
Resensie: “Stop wag bly nog ʼn bietjie”- Brendan Peyper
Dit gebeur selde dat ʼn splinternuwe kunstenaar die publiek met net een liedjie kan oorrompel, maar dit is presies wat Brendan Peyper reggekry het.
Nuwe vrystellings: 19 Oktober 2015
Neil Somers, Jaco Losgelaat en Len Muller en Stef Bos het onlangs nuwe musiek beskikbaar gestel.
Maroela Media Top 20: 20 Oktober 2015
Andriëtte behou haar eerste plek vir die vierde agtereenvolgende week, terwyl Jennifer Zamudio na die tweede plek opskuif. Carla Oberholzer maak haar heel eerste verskyning op die Top 20 in die twintigste plek met “Jy los my alleen”.
Resensie: ‘Ek onthou’- Anders
Dit gebeur nie gereeld dat ʼn mens ʼn album teëkom wat jy van voor tot agter kan deurluister en elke snit ewe veel geniet nie. Dit is juis wat Anders met hierdie nuwe album reggekry het.
‘Hie’ kommie Bokke’ weer ná 20 jaar
In 1995 het die Springbok-rugbyspan die land in vervoering gehad toe hulle die Wêreldbeker ná ʼn spannende eindstryd teen Nieu-Seeland op Ellispark gewen het.
Nogtans sal Anneli sing
Nadat die Afrikaanse sangeres Anneli van Rooyen haar sangloopbaan moes onderbreek weens ʼn operasie wat skeefgeloop het, is sy terug met haar 16de album: haar eerste in 12 jaar.