Ná die sukses van die versamelalbum Volle bors in Afrikaans is die eerste volume in ʼn Christelike reeks, Volle bors vir Jesus, pas uitgereik.
Alles vir die sleutelwoord "musiekvideo’s"
Op die radar: Irene-Louise van Wyk geniet die droom wat bewaarheid is
Irene-Louise se eerste kortspeelalbum is onlangs uitgereik en sy het met Maroela Media oor haar liefde vir sang, drome en gunstelinge gesels.
Francois en Elizabeth vier kwarteeu in musiekbedryf
Dit is nou al 25 jaar sedert Francois en Elizabeth Fourie die musiekbedryf oorrompel het met hul treffer “Wil jy dans, Carina?”
Fredi Nest sing John Denver
Terwyl ʼn mens na die album luister, kom jy twee dinge agter: John Denver se musiek is tydloos en Fredi Nest het tot aan die einde van sy lewe sy bes gelewer.
‘Bokkoors’ net betyds vir Wêreldbeker
Noudat die Wêreldbeker-rugbytoernooi byna gereed is om af te skop, is ʼn nuwe CD vrygestel vir dié wat na lekker musiek soek om die Springbokspan te ondersteun.
Nuwe vrystellings: 7 September 2015
Leah, Elvis Blue, Jak de Priester, Juanita du Plessis en Zurilda het nuwe musiek.
Maroela Media Top 20: 7 September 2015
Cordelia neem die nr. 1-posisie oor met “Mal in jou kop”. Jakkie Louw, Pierre Rossouw en Brendan Peyper het elkeen ‘n nuwe snit op die Top 20 hierdie week.
Stiaan se nuwe video pas uitgereik
Toe die benoemings vir die Huisgenoot Tempo-toekennings vir 2015 in die kategorie vir beste nuwe kunstenaar aangekondig is, was Stiaan Reynierse se naam op die lys.
Resensie: ‘15 Jaar Spesiale Uitgawe’ – Jennifer Zamudio
Dit is nou al 15 jaar sedert Jennifer Zamudio op die musiektoneel verskyn het met haar eerste album en treffersnit, Leef.
Opinie: Ondersteun jou span, maar…
Ons almal het grootgeword met sportliedjies waarmee ons nie net ons skole se atlete ondersteun het nie, maar ook vir die ander spanne gesê het wat ons van hulle dink.
Resensie: ‘Vlindervingers’ – Die Ventertjies
Dit gebeur nie aldag dat kunstenaars wat nog op skool is reeds ʼn CD agter hul naam kan skryf nie.
Nuwe vrystellings: 31 Augustus 2015
Pierre Rossouw, Brendan Peyper en Eden is van die sangers wat nuwe snitte bekendgestel het.
Maroela Media Top 20: 31 Augustus 2015
Juanita du Plessis behou oor nr. 1 plek op die Top 20 hierdie week.
Op die radar: Leon Stols is lief vir musiek en lief vir die plaas
As ʼn mens na Leon Stols se liedjie “Plaasjapie” luister hoor jy iets van die sanger se hart. Jy besef dan sommer ook gou hoekom sy bynaam Leon Rock Boer is. Dié sanger, oorspronklik van Namibië, het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak.
NRG se nuwe musiekvideo verskuif grense
Die eindproduk van NRG se jongste musiekvideo is ʼn swart-en-wit video met slim kamerawerk, ʼn uitstaande danselement en digitale toorkuns wat die presiese boodskap van dié liedjie oordra.
Resensie: Pak my in jou tas – Tiro
Dit is eintlik snaaks dat Tiro so lank gewag het om ’n Afrikaanse album vry te stel, maar dis goed dat dit eindelik gebeur het. Die vraag is net of die radiostasies hul samewerking gaan gee deur dit gereeld te speel, want indien dit gebeur, kan Tiro nog baie gewild word.
Resensie: Storm – Coffee Snobs
Coffee Snobs se woorde het baie meer om die lyf as dié van die gemiddelde radiotreffer en die musikale verwerkings op hierdie album is skitterend.
Nuwe vrystellings: 24 Augustus 2015
Ray Dylan, Die Ventertjies en Leah het nuwe liedjies waarna jy kan luister.
Maroela Media Top 20: 24 Augustus 2015
Juanita du Plessis se liedjie “Hambamba” is die nuwe nr.1 in hierdie week se Top 20. Andriëtte se jongste snit lê op nr. 10 en Elvis Blue en André Venter het ook nuwe musiek op die Top 20.
Pieter Smith vier sy 40ste verjaardag
Die bekende Afrikaanse sanger Pieter Smith is vandag 40 jaar oud.