Buitelandse beleggers hou onderhandelinge en prosesse oor die Mynbouhandves en grondonteiening fyn dop. Dit is bevestig toe Solidariteit verlede week met ʼn senior afvaardiging van die Amerikaanse ambassade vergader het oor hul regering se besluit om hoë invoertariewe op SA staaluitvoere na Amerika te hef – ʼn besluit wat ons plaaslike staalbedryf ernstig benadeel.
Alles vir die sleutelwoord "Mynbou-handves"
Sibanye-Stillwater kan Lonmin red mits …
Die platinummyngroep Lonmin sê dat hy sowat 12 600 mynwerkers oor die volgende twee jaar kan aflê indien die Mededingingskommissie gaan sloer met ’n aansoek dat die groep saam met Sibanye-Stillwater uitgekoop word.
Privaatsektor en regering moet saamwerk om konstruksiebedryf te ondersteun
Nog ’n voordeel van die konstruksiesektor is sy vermoë om werk te skep. Volgens Muscat is daar tans 1,4 miljoen mense in die sektor werksaam en hy reken dat dié syfer verdubbel kan word.
Sal beleggers nou bereid wees om hul beursies oop te maak?
“Dit gaan moeilik wees om buitelandse beleggings te lok met hierdie uitdagings wat nog nie opgelos is nie. Iewers gaan Ramaphosa besluite moet neem wat ongewild kan wees.”
Mynbouhandves-onderhandelinge ‘herstel Zwane se skade’
“Hoewel heelwat onderhandeling nog moet plaasvind, het die samesprekings van die afgelope drie weke die belanghebbende partye tot opbouende dialoog gelei en is ʼn groot deel van die skade uit die Zwane-era herstel danksy ʼn gevoel van samehorigheid wat weer onder die partye posvat.”
Wat het die mynbouhandves, die grondkwessie en ujamaa in gemeen?
Deur bloot Zimbabwe, ujamaa en die Wêreldbank se Berg-verslag as verwysing te gebruik, behoort politici tot hul sinne te kom wat grondgrype betref. Dit is duidelik wat die uiteinde gaan wees.
Alle oë op Mynbouhandves
“Sedert Zwane in 2015 die sektor oorgeneem het, het dit verskriklik gebloei. Ek dink Mantashe is bewus hiervan en wil die sektor nou op ʼn herstelpad kry.”
‘Verwoestende mynbouhandves moet tersyde gestel word’
“Ek dink dit is duidelik ʼn roekelose minister het dié mynbouhandves ter wille van spesifieke mense se belange saamgestel en dit sal net ʼn klein groepie mense bevoordeel.”
‘Kuratorskap’: Die towenaar wat jou eiendomsreg laat verdwyn
Moet dus nie staat maak op die staat nie. Maak staat op diegene om jou. Gemeenskappe tree op ter wille van die mense in die gemeenskap.
Die erns van Zwane se waansinnige handves sink in
Die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, het gelyk wanneer hy die nuwe mynbouhandves ’n “revolusionêre instrument” noem. Een van die hoofdoelwitte daarvan is om die staatsmynmaatskappy te bevoordeel, en om te help met die toename van die nasionalisering van myne sonder vergoeding.
Mynbouhandves is staatskaping tot nadeel van armes
“Verkies julle die huidige situasie waar 480 000 permanente mynwerkers in die sektor werksaam is en wat 50% getransformeer is, of verkies julle die 2030-scenario waarin 180 000 werknemers in die mynbousektor gaan oor wees, maar wat darem naby aan 100% getransformeer gaan wees?”
Kamer van mynwese vergader met ANC oor Mynbou-handves
Die Kamer van Mynwese het Dinsdag gesê ʼn groep van sy ampsdraers het met ʼn afvaardiging van die ANC, onder leiding van sekretaris-generaal Gwede Mantashe, vergader om die hersiene Mynbou-handves te bespreek.
Nuuskommentaar: Zuma-gif strem nou mynbou (en ekonomie)
’n Behoorlike katnes van onderlinge bande wat Zuma se Gupta-kabaal vorm, ontvou nou, maar soos die strop stywer trek neem die onderlinge onmin toe. Die voorgestelde mynbou-handves het nou boonop binne-in die katnes geval en verdiep ’n ernstige krisis.
Num verwelkom Mynbou-handves, soek nóg groter SEB-teikens
Die National Union of Mineworkers (Num) het Vrydag gesê hy verwelkom die Mynbou-handves wat hierdie week gepubliseer is, maar die teikens vir swart eienaarskap van die land se minerale welvaart kon selfs hoër gewees het.
Gigaba versoek Zwane om reaksie oor Mynbou-handves te hanteer
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Donderdag erken dat die nuwe Mynbou-handves kritiek uitgelok het en hy het gesê hy hoop dit sal nie die ekonomie verder laat verswak nie.
Kamer van Mynwese soek interdik teen nuwe Mynbou-handves
Die Kamer van Mynwese het Donderdag die 2017 Mynbou-handves verwerp en gesê hy sal die hof nader om die departement van minerale hulpbronne te verhoed om dit te implementeer.