“Pleks van plaas” is ’n versameling boeiende gedigte oor plekke in Europa en Suid-Afrika, asook verplasings (uiteraard ook taalverplasings tussen Pools, Nederlands en Afrikaans), soos beleef deur die vertaler en meertalige Poolse digter Jerzy Koch.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Naledi"
Boek: Kleur – my lewe, my lied – Randall Wicomb
Kleur – my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke met Randall Wicomb ̶ van herinneringe aan sy kinderjare tot vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer.
Boek: Goeie genade – is dit dan genoeg?
Die manuskrip is ’n versameling van uitgesoekte stukke uit die rubriek “Geestelike Waardes” wat Dirkie Smit reeds vir byna twee dekades elke Saterdag in die dagblad Die Burger behartig.
Boek: Wat sê die prokureur?
Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste ’n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied.
Boek: Afrdraaipad
Afdraaipad is ’n verhaal oor verkeerde besluite en pynlike gevolge. Van opstaan en oor begin. Is daar hoop as jy jou rug op God gedraai het? Lize se reis is een wat jou sal bybly.
Boek: Wie is ek?
Vir eeue worstel die mens al met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.