ʼn Stukkie ruimterommel van meer as 1 cm kan die ruimtestasie se skanse deurpriem terwyl ’n stuk groter as 10 cm ’n satelliet uitmekaar kan laat spat.
Alles vir die sleutelwoord "Nasa"
Nasa herontwerp die wiel
Nasa herontwerp die wiel.
Dream Chaser land veilig
Vier jaar ná die eerste prototipe van die Dream Chaser erg tydens ’n landingstoets verniel is, het dit nou ná omvattende werk daaraan veilig geland.
Vloeibaarheid van Enceladus se oseaan verklaar
Wetenskaplikes onder die leiding van die Franse wetenskaplike Gael Choblet het deur ’n simulasiemodel vasgestel wat moontlik kon verhinder het dat Saturnus se maan, Enceladus, se oseaan onder ’n relatief dun yslaag nie lank gelede reeds verys het nie.
Dawn-satelliet se sending wéér verleng
Dawn, die Nasa-satelliet wat sedert 2015 om die dwergplaneet Ceres in die asteroïdegordel wentel, se sending is vir die tweede keer sedert 2015 verleng.
Ster ‘verorber’ 15 aardgrootte planete
Wetenskaplikes van die Princeton-universiteit in die VSA beweer hulle het nou uiteindelik uitgepluis waarom die chemiese samestelling van ʼn ster genaamd Kronos, soveel verskil van sy dubbelster-maat, Krios.
Dalk meer water op maan as wat voorheen gedink is
Dié navorsing sal Nasa-wetenskaplikes moontlik nou in staat stel om langer missies vir die toekoms te beplan om die maan te ondersoek.
Asteroïede beweeg dié week ‘naby’ aarde verby
“In die ruimte tref voorwerpe soos asteroïde mekaar gereeld – en die aarde is nie ʼn uitsondering nie.”
‘Bonsende’ landingstuig gaan Pluto verken
Die doel van die projek is sodat die tuig die bevrore oppervlak van Pluto kan navors en verken.
New Horizons weer ‘wakker’
New Horizons, die Nasatuig wat Pluto en sy mane verken het en daarna in ʼn “winterslaap”geplaas is, is weer uit dié winterslaap.
[Video] Só was jy jou hare in die ruimte
Dit is bloot menslik om te vergeet hoe sommige takies, soos byvoorbeeld om jou hare te was, deur meeste mense as alledaags beskou word. Dié taak is egter nie heeltemal so eenvoudig vir ruimtevaarders nie, aangesien die gebrek aan swaartekrag dit ietwat moeiliker maak.
Asteroïde kom ‘na’ aan aarde verby
Die internasionale ruimtegemeenskap gaan hul planetêre verdedigingstelsel op die proef stel wanneer ʼn asteroïde binnekort “na” aan die aarde verbybeweeg.
Jupiter het nou (minstens) 69 mane
Dié ontdekkings bring die aantal mane wat om Jupiter wentel nou op 69 te staan.
Lewe op dié ster se planete moontlik
Lewe op sommige van die planete kon moontlik baie soortgelyk as dié op die aarde ontwikkel het.
Hubble ‘sien’ gravitasiekolk ontstaan
Die Hubble-ruimteteleskoop het waargeneem hoe ʼn massiewe ster 22 miljoen ligjare van die aarde uitbrand en ’n gravitasiekolk vorm sonder dat ’n supernova eens gevorm het.
Nieu-Seeland betree ruimte-status
Met die verwagte lansering van die Electron-vuurpyl van sy lanseergeriewe op Nieu-Seeland se Noord-Eiland, sal die land van die silwer varing kommersiële ruimtevaart betree.
Tiener ontwerp ligste satelliet nóg
ʼn Tienerseun van Indië het ʼn satelliet ontwerp wat slegs 64 g weeg.
Ruimtereise eers na die Maan, dan Mars
Nasa se planne om mense na Mars te neem, ontwikkel mooi, en deel van die ontwikkeling is dat mense ’n jaar lank in ’n wentelbaan om die Maan gaan verkeer.
Bruin dwerg nou vrydrywende planeet
Wat eens beskou is as een van die naaste bruin dwergplanete aan die aarde, blyk nou eintlik ’n vrydrywende planeet te wees.
Seile ingespan om satelliete gouer te laat uitbrand
Gewoonlik word aan seile in die ruimte gedink as ’n manier om ruimteskepe teen geweldige hoë snelhede op die wieke van die sonwind te laat vaar.