Te midde van groot planne om mense op Mars te vestig, met die Suid-Afrikaans gebore miljardêr Elon Musk wat selfs van ’n miljoen koloniste praat, meen ander dit sal meer sin maak om mense in reuse-sfere in wentelbane naby die aarde te laat woon.
Alles vir die sleutelwoord "Nasa"
10 950 VC-komeet met ystydperk geassosieer
Die jaartal waarin ’n komeet van ongeveer ’n kilometer in deursnee die aarde getref en ’n ystydperk ingelui het, is pas akkuraat deur wetenskaplikes van die Universiteit van Edenburg bepaal.
[Video] Groot asteroïde kom ‘na aan’ aarde
Die volgende van dié soort verskynsels sal eers in 2027 wees wanneer die asteroïde 1999 AN10, wat 800 m in deursnee is, 380 000 km van die aarde af sal wees.
Dee Dee laat hoop opvlam om Planeet 9 te vind
Hoop het onlangs weer opgevlam dat die tegnologie wel bestaan om die ontwykende Planeet 9 op te spoor.
Eksoplanete beter bekyk
’n Satelliet wat gespesialiseerde observasies van eksoplanete gaan doen, het pas ’n rygeleentheid na die ruimte gekry.
Pluto-Aprilgekstorie toe amper waar
’n Aprilgekstorie op Futerenet.com dat Pluto weer as planeet erken word, was nader aan die waarheid as wat baie mense besef.
Mars se naaste maan was eens heelwat groter
Terwyl wetenskaplikes nog kopkrap oor hoe Mars aan sy twee maantjies, Phobos en Deimos, gekom het, het wetenskaplikes van die universiteit van Purdue in die VSA ’n model ontwikkel wat met ’n gans ander voorstelling vorendag kom.
Nasa spoor vermiste Indiese maan-satelliet op
Agt jaar nadat die Indiese tuig, Chandrayaan-1, in ’n wentelbaan oor die maan se pole verdwyn het, het Nasa die tuig weer opgespoor.
Nuwe ruimtestasie gaan dalk om maan wentel
Ruimteagentskappe oor die hele wêreld krap kop of die nuwe internasionale ruimtestasie, wat na verwagting in 2024 in diens gestel gaan word, eerder om die maan as om die aarde moet wen
Eerste ruimtetoeriste gaan glo 2018 om die maan
Space X wil ook in hierdie tyd ʼn onbemande tuig na Mars stuur.
Nasa wil Mars-materiaal aarde toe bring
Nasa gaan met sy volgende sending na Mars in 2020 beoog om grond- en lugmonsters te versamel met die oog daarop om dit na die aarde terug te bring.
Ysigloes dalk oplossing vir Marspioniers
Nasa het vandeesweek gesê hy het moontlik geskikte materiaal ‘ontdek’ om huisvesting vir ruimtevaarders op Mars te verskaf.
Aarde “nie voorbereid op onverwagse komete”
Dr. Joseph Nuth, ʼn senior Nasa-wetenskaplike, het Maandag tydens ʼn konferensie in Amerika gesê die aarde is nie voorbereid op ʼn komeet wat hom moontlik kan tref nie.
ʼn Droom het waar geword, sê Garsies-leerder oor Nasa ruimteskool
Divan Beukman, ʼn leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, het vandeesweek gesê hy is sprakeloos nadat sy droom om Nasa se ruimteskool in Houston, Texas, te besoek danksy weldoeners bewaarheid is.
VSA-ruimtevlugte ‘onwaarskynlik’ teen 2017
Planne dat die VSA, met die hulp van private kontrakteurs, reeds teen 2017 weer bemande ruimtevlugte sal kan onderneem, blyk onwaarskynlik te wees. Dit volg…
Vyfde natuurkrag straks gevind
Naas die vier bekende natuurkragte, gravitasie, elektro-magnetisme, swak en sterk kernkrag, meen wetenskaplikes hulle het nou moontlik ’n vyfde natuurkrag gevind wat met donker materie verbind kan wees.
Video: Wetenskaplikes bly om terug uit Mars-simulasie te wees
Ses wetenskaplikes wat ’n jaar lank op ’n vulkaan in Hawaii geleef het in omstandighede wat ’n toekomstige Mars-sending simuleer, is einde Augustus met hul gesinne herenig.
Nasa-navorsing nou gratis beskikbaar
Nasa het Dinsdag aangekondig dat al sy navorsing wat deur openbare finansiering moontlik gemaak word, nou gratis op die webwerf PubSpace geplaas word.
Curiosity weer vlot
Nasa se robottuig op Mars, Curiosity, is weer ten volle funksioneel nadat sy rekenaar byna ʼn week gelede na veilige modus oorgeskakel het en die tuig feitlik alle funksies gestaak het.
[Video] Juno veilig by Jupiter
Nasa het Dinsdagoggend gesê die organisasie se Juno-ruimtetuig het veilig in ʼn wentelbaan om Jupiter aangeland.