Volgens die departement is sommige tegniese aspekte van die voorstelle bloot nie goed verstaan nie terwyl baie mense die voorstelle verkeerd voorgestel het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "nasionale sekerheidsfonds"
Groenskrif oor maatskaplike sekerheidsfonds onttrek
Die groenskrif, waarvolgens die regering voorgestel het dat Suid-Afrikaners tussen 8% en 12% van hul inkomste tot ʼn beoogde NFMS bydra wat dan sentraal deur die staat bestuur sal word, het hewige teenkanting ontlok.
Nasionale sekerheidsfonds: Belastingprotes kom
Luidens ʼn verslag deur Solidariteit sal dié voorgestelde beleidstellings die einde aan persoonlike welvaart beteken.
Stappe gedoen teen maatskaplike sekerheidsfonds
Die regering wil met dié voorgestelde nasionale fonds tussen 8% en 12% van Suid-Afrikaners se inkomste opslurp.
Luister in 3 minute: Kommer oor groenskrif vir nuwe nasionale ‘aftreefonds’
In die jongste aflewering van 3 Minute, 3 Sake bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die kommer oor voorstelle vir ʼn nuwe nasionale “aftreefonds”, Vinpro se hofsaak oor die drankverbod en Sakeliga se betaalmeesterhofsaak wat voortgesit word.
Werkloosheid: Geen draaipunt in sig
Die jongste werkloosheidskoers vir die tweede kwartaal van 2021 wat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag bekend gemaak het, weerspieël soos verwag ʼn voortslepende bloedbad van werksverliese in die land.
Maatskaplike sekerheidsfonds nóg geld wat ANC kan ‘plunder’
“Dit ly geen twyfel nie dat die plundering endemiese afmetings sal aanneem, gegewe die ANC-regering en sy onbevoegde, gierige staatsdiens en openbare ondernemings se eie rekord in dié verband.”
Staat soek nóg ʼn pond vleis vir jou aftrede
Die voorstel, wat gister in ʼn groenskrif in die Staatskoerant afgekondig is, word egter reeds uit verskeie oorde verwerp.