“Die openbare gesondheidsektor gaan die ergste onder personeeltekort gebuk.”
Alles vir die sleutelwoord "Nehawu"
SAUK wil 2 000 ontslaan
Dit gaan sy verstand te bowe dat die tesourie bereid was om die SAL en SA Express te red, maar geen maatreëls tref om die SAUK as die openbare uitsaaier te red nie.
Nehawu en Sassa kom tot ʼn vergelyk
“Dit word van al die werkers verwag om Maandag terug te keer werk toe en die partye het ooreengekom dat die ‘geen werk, geen betaling’-beginsel nie hier toegepas sal word nie.”
Sassa-staking gaan voort ondanks vergadering met minister
“Ons word egter nie van stryk gebring deur simpel dreigemente nie aangesien ons vas oortuig is dat ons eise realisties en billik is.”
Nehawu wil Sassa-kantore landwyd lamlê
Nehawu meen die stelsel van maatskaplike pensioene is oorhaastig ingevoer en steeds nie toegerus om “spook”-begunstigdes en korrupsie die hoof te bied nie.
Kan die regering vakbonde in die staatsdiens vasvat?
Dlodlo het aan haar kabinetskollegas geskryf en gevra dat hulle by die riglyne van die ministeriële handboek hou. Dlodlo het ook te kenne gegee dat sommige regeringsdepartemente net opgeblaas is.
Polisie verjaag groep wat Nehawu-betoging ontwrig
Polisiebeamptes moes Dinsdag van skokgranate gebruik maak om ʼn groep, wat ʼn Nehawu-betoging in Noordwes ontwrig het, te verjaag.
Sibanye-Stillwater: Nehawu, Cosatu eis dat koppe rol ná twee sterf
“Dit is hoogs onaanvaarbaar dat die voorval by die Beatrix-groudmyn nie die maatskappy genoop het om meer aandag te gee aan kwessies oor veiligheid en gesondheid nie.”
Vermy vandag dié strate in Pretoria
ʼn Optog deur lede van die National Education Health and Allied Workers Union (Nehawu) vind Donderdag in Pretoria plaas.
Moontlikheid van staking by parlement
Parlementêre personeel kan moontlik staak indien daar nie aan hul eis vir ‘n salarisverhoging gehoor gegee word nie.
Staking dreig by Tuks
“Indien hierdie kwessies nie binne die volgende paar dae opgelos word nie, sal werkers geen ander keuse hê as om op ʼn volskaalse staking te gaan nie.”
Maatskaplike werkers: Staking opgeskort
Die National Education Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) het Donderdag gesê hy het ʼn ooreenkoms met die departement van maatskaplike ontwikkeling aangegaan wat ʼn einde beteken vir die vyf week lange staking van maatskaplike werkers.
Baba sterf terwyl maatskaplike werkers staak
ʼn Baba van ses maande oud is Dinsdag dood nadat kinders van ʼn kindersorgsentrum van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling na ʼn ander sentrum geskuif is weens ʼn staking van maatskaplike werkers.
Nehawu eis Zuma se kop
Die grootste staatsdiensvakbond, die National Union of Health and Allied Workers Union (Nehawu), het Dinsdag pres. Jacob Zuma versoek om te bedank, aangesien sy leierskap in die regering “onuithoudbaar” is.
Nehawu-staking uiteindelik verby
Die parlement het die aankondiging verwelkom dat lede van die Nehawu-vakbond uiteindelik hul onwettige staking opgeskort het.
Werkers by parlement staak steeds
Die staking deur werknemers van die parlement duur voort terwyl die vakbond Nehawu wag op ʼn uitslag van die onderhandelinge tussen sy nasionale leierskap en bestuur van die parlement.
Parlement dreig Nehawu met polisie-optrede
Die bestuur van die parlement het Dinsdag gewaarsku hulle sal nie huiwer om die polisie te ontbied om stakende werkers te verwyder wat LP’s se werk beïnvloed nie.
Werk by wetgewer gekanselleer oor staking
Betogers van die Suid-Afrikaanse parlement het Dinsdagmiddag die Nasionale Vergadering verlaat nadat die wetgewer gedwing is om sy sittings te kanselleer.
Staking by parlement hervat
Werkers by die parlement sal Maandag weer hul staking hervat, het die National Health, Education, and Allied Workers (Nehawu)-vakbond Sondagaand gesê.
Staking by parlement opgeskort
Nehawu en die wetgewer se bestuur het Dinsdag bevestig die staking deur personeel by die parlement is opgeskort.