Meer as 400 miljoen banknote en muntstukke met wyle pres. Nelson Mandela se gesig daarop word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) vrygestel om die eeufeesherdenking van sy geboorte te vier.
Alles vir die sleutelwoord "Nelson Mandela"
Beyoncé, Jay-Z én ander kom na SA
Beyoncé, Jay-Z, Ed Sheeran, Usher, Sho Madjozi, Eddie Vedder en Pharrell Williams sal almal later vanjaar saam op een verhoog in Suid-Afrika te sien wees.
Herrie oor ‘een aand in Mandela se sel’
Die bod vir ʼn aand in dié geskiedkundige sel sou op $250 000, sowat R3,4 miljoen, begin.
Mandelajaar en die ANC se nasiebouresep
Ramaphosa en die ANC het 2018 as die jaar van Nelson Mandela verklaar met die klem op eenheid, vernuwing en werkskepping. Hy kan my nie verkwalik dat ek skepties is of die ANC dit kan bereik en of hulle hul retoriek sal kan verander nie. Wat ek wel weet, is dat dit in die beste belang van Ramaphosa en almal in Suid-Afrika is, dat dit wel gebeur.
Jacob Zuma: Dit is tyd
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Sondag by Kaapstad se stadsaal gepraat as deel van die viering van oudpres. Nelson Mandela se 100ste geboortejaar.
Appèlhof sê oor Winnie en die Qunu-huis
Mandela het in sy testament die Qunu-eiendom aan alle lede van die Mandela-familie bemaak as ʼn plek waar hulle verenig kan word.
Moenie die verkeerde ANC-kongres dophou
Die land het dringend nuwe idees en nodig en nie net nuwe leiers nie.
OB wil koste vir Madiba-begrafnis laat ondersoek
Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, het Maandag opdrag gegee aan die minister van finansies, Malusi Gigaba, om die “onwettige bewilliging of uitgawes van staatsgeld by die begrafnis en gedenkdiens van voormalige pres. Nelson Mandela in 2013” te ondersoek.
Fotograaf sleep regering hof toe oor Mandela-foto
Harris het gesê sy foto is deur die Mandela-gesin gekies as die amptelike foto wat gebruik sou word.
Komitee aangestel vir Mandela-eeufeesvieringe
Dit beteken die komitee, wat uit 12 lede bestaan, het byna ʼn jaar om die eeufeesvieringe te reël.
Obama se Mandela-twiet nou gewildste
ʼn Twiet van die voormalige Amerikaanse president Barack Obama waarin hy oudpres. Nelson Mandela aanhaal, is nou die mees gewilde twiet op dié sosialemediaplatform.
Mandela-boek onttrek ná omstredenheid
Die Suid-Afrikaanse uitgewer Penguin Random House het Maandagmiddag aangekondig dat hy die kontroversiële boek Mandela’s Last Years deur dr. Vejay Ramlakan uit die handel sal onttrek weens erge omstredenheid en ʼn dreigende hofsaak.
Graça Machel dreig met regstappe oor Mandela-boek
Maroela Media het vroeër berig Mandela’s Last Years werp lig op kwessies van sy laaste jare, soos sy gesondheid en gebeure gedurende die maande voor sy dood.
Mandela-dag vandag wêreldwyd gevier
Nelson Mandela-dag word Dinsdag by verskeie geleenthede en op plekke reg oor Suid-Afrika gevier.
Die positiewe wat Zuma vermag het
Daar ís iets positiefs ook aan dít wat pres. Jacob Zuma en sy trawante aan Suid-Afrika gedoen het. Jy mag my stelling dalk vreemd vind, maar gee my kans om te verduidelik.
[Foto’s] Dís hoekom jy serpe buite sien hang
Die serpe hang in parke, rondom bome, parkeermeters en lamppale. Elkeen van die serpe het ʼn boodskap.
‘Plaas SA in bekwame hande’ pleit Mandela-stigting
Die Nelson Mandela-stigting het Dinsdag geen doekies omgedraai nie en gesê dit is pynlik om toe te kyk “hoe die wiele van die voertuig van die staat afkom”.
Ligloop vir die nommer 6-sensasie
Die onaangename feite oor die diep verdeeldheid moet vierkant in die gesig gestaar word, veral deur Afrikaners.
Winnie verloor appèlaansoek vir Mandela se Qunu-huis
Die Mthatha-hooggeregshof het Dinsdag Winnie Madikizela-Mandela se appèlaansoek vir eienaarskap van oudpresident Mandela se huis in Qunu van die hand gewys.
Nog geen beslissing oor Mandela se Qunu-huis
Eksekuteurs van Nelson Mandela se boedel, het die oudpresident se huis in Qunu in die Oos-Kaap uitgelaat, aangesien sy voormalige vrou, Winnie Madikizela-Mandela, die eienaarskap van die eiendom in die hof betwis.