Cheeky Watson, voormalige rugbybaas van die Oostelike Provinsie, se datum vir verhoor op aanklagte van bedrog en geldwassery is vasgestel.
Alles vir die sleutelwoord "Nelson Mandelabaai"
PA kap na Trollip oor adjunk-pos
Marlon Daniels, raadslid van die Patriotic Alliance (PA) in Nelson Mandelabaai, het burgemeester Athol Trollip Vrydag daarvan beskuldig dat hy ʼn diktator is omdat hy nie wil hê die vakante pos van adjunkburgemeester moet gevul word nie.
UDM vandag in hof oor Bobani
Die hooggeregshof in Port Elizabeth sal na verwagting Dinsdag ʼn aansoek deur die United Democratic Movement (UDM) aanhoor om die ontheffing van die voormalige adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai uit sy amp te betwis.
Dringende hofaansoek ingedien oor Bobani
Mongameli Bobani is verlede maand deur middel van ʼn mosie van sy amp as adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai onthef.
Nuuskommentaar: Slaggate en voordele van koalisiepolitiek
Die “plaasaanvalmosie” in Mokopane en die afdanking van die Nelson Mandelabaai-metro se UDM-adjunkburgemeester plaas weer die fokus op kwesbaarhede in koalisiepolitiek. Koalisiepolitiek, ook op nasionale vlak, lyk egter al meer onafwendbaar en die kiesers, vir wie die konsep vreemd is, moet solank voorberei word op ’n stelsel wat ook baie voordele inhou.
Koalisieregering in Nelson Mandelabaai in gedrang
DA-leier Mmusi Maimane het Bantu Holomisa, leier van die UDM, se ultimatum om aan die Nelson Mandelabaai-koalisie te onttrek indien die adjunkburgemeester nie weer in sy pos heraangestel word nie, verwerp.
[Video] Adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai gepos
Die UDM se Mongameli Bobani is Donderdag deur middel van ʼn chaotiese stemproses van sy amp as adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai onthef.
Rowers slaan binne paar uur toe op twee vulstasies
Polisie in die Oos-Kaap het hul kommer uitgespreek oor ’n reeks gewapende rooftogte by vulstasies in die Nelson Mandelabaai-omgewing.
Mosie van wantroue teen Nelson Mandelabaai se adjunkburgemeester
ʼn Mosie van wantroue wat teen die adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai, Mongameli Bobani, ingestel is, sal volgende week aangehoor word. Spanning tussen Bobani, lid van…
Polisie ondersoek klag van brandstigting
ʼn Stemboodskap is vroeër op sosiale media versprei waarin ʼn man beweer hy het gesien hoe twee mans petrolkanne in die Sardiniabaai-natuurreservaat in Port Elizabeth dra.
Brande woed in Port Elizabeth
Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap het Donderdag gesê brande woed oor die stad heen.
Nelson Mandelabaai nou rampgebied
Dit volg ná die hoofdamme se vlakke Maandag verder gedaal het.
Spanning vererger in Nelson Mandelabaai
Spanning tussen Athol Trollip, die burgemeester van Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, en Mongameli Bobani, adjunkburgemeester, het Woensdag nóg ʼn wending geneem toe Bobani twee sake van bedrog teen senior beamptes aanhangig gemaak het.
Watertoestand in Nelson Mandelabaai ʼn ‘krisis’
Inwoners van Nelson Mandelabaai kan hulself voorberei op strenger waterbeperkings binne die volgende week, aangesien die stad op die rand van ʼn “krisis” staan.
Raadslede in hof oor bakleiery by vergadering
Twee ANC-raadslede van Nelson Mandelabaai het Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
[Video en foto’s] Weermag ondersoek meubeldrama by stadsaal
Die weermag het ʼn dringende ondersoek begin ná Vrydag se voorval waartydens ʼn groep gewapende soldate meubels en toerusting voor die stadsaal in Port Elizabeth kom aflaai het.
[Foto’s] Raadsvergadering eindig met skoot, bloed en glasstukke
’n Raadsvergadering van die Nelson Mandelabaai-metro het Donderdag geëindig met ʼn skoot wat afgevuur is en twee raadslede wat na ʼn hospitaal vervoer is.
Danny Jordaan bedank
Die leier van die ANC in Nelson Mandelabaai, Danny Jordaan, het bedank. Sy bedanking is Maandag bekend gemaak in ʼn verklaring wat deur die amptelike opposisie uitgereik is.
Trollip sê nee vir adjunk se luukse motor
Athol Trollip, die burgemeester van die Nelson Mandelbaai-metro, het vandeesweek ʼn stokkie gesteek voor die koop van ʼn luukse nuwe Audi Q5 vir die adjunk-burgemeester wat deur die vorige administrasie aangevra is.
Geen luukse vlugte meer vir NMB-amptenare
“Onder vorige administrasies is ʼn buitensporige hoeveelheid geld aan luukse reise bestee in plaas van aan dienslewering. Daardie dae is verby.”