Die lenige doel was in die kol met 36 van haar 37 doelpogings.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "netbal"
Proteas lewer topvertonings in Engeland
Shadine van der Merwe (Manchester Thunder) en Phumza Maweni (Bath) is ná die jongste Vitality-reekskragmetings met speler van die wedstryd-toekennings beloon.
Lefébre en kie wen in Engeland
Die gewilde Protea-speler en haar Celtic Dragons-spanmaats het gisteraand hul eerste oorwinning in die Vitality-netbalreeks gesmaak.
Shadine soek Statebond-glorie saam met Proteas
“Ons word gereeld as die buiteperde beskou, maar jy kan nooit ’n Suid-Afrikaanse span onderskat nie.”
SA speler koningin van die doelsirkel
Ine-Marí Venter is tans vir die meeste doele in Engeland se Vitality-netbalreeks verantwoordelik.
Ine-Marí ’n krag in die doelsirkel
Die Suid-Afrikaner is welverdiend as die speler van die wedstryd aangewys nadat sy vir 55 van die Saracens Mavericks se 60 doele teen Celtic Dragons verantwoordelik was.
Proteas los beste vir laaste
“Dít is hoe ek weet hulle kan speel.”
Harde werk lê nog vir Proteas voor
Spandiepte is ongetwyfeld ’n probleem en die Proteas mis spelers soos Karla Pretorius en Shadine van der Merwe.
Proteas lyk beter teen Aussies
“Ons het inderdaad beter vertoon – die spelers het vir mekaar gespeel en hul samespel was beter as teen Engeland.”
Rose straf Proteas in Londen
Dit is nie asof die Suid-Afrikaners nie hul beste gegee het nie; Engeland was doodeenvoudig net stukke beter.
Dié doel is netbal-mal
Die talentvolle Protea-speler droom van ’n medalje by die Wêreldbeker of Statebondspele.
Proteas speel Saterdag teen Rose
“Dit is altyd ’n eer om ons land te verteenwoordig.”
4-hoekige reeks perfekte voorbereiding vir Statebond
Karla Pretorius sal egter die aksie in Londen misloop. Die talentvolle verdediger het vroeër op sosiale media aangekondig dat sy en haar man (Werner) hul eersteling verwag.
‘Thunder’ Merwe en kie
Verskeie Protea-netbalspelers – onder wie Shadine van der Merwe in die kleure van Manchester Thunder – sal deel van die Vitality-netballiga in Brittanje wees.
Groot netbalaksie op die horison
Die Proteas is vroeg volgende jaar saam met Nieu-Seeland, Australië en Engeland in ’n vierhoekige reeks in Londen gewikkel.
Dorette tevrede met haar Afrikawenners
“Die toernooi het my die perfekte geleentheid gebied om nuwe kombinasies uit te toets en meer spelers internasionale blootstelling te gee.”
G’n keer aan Proteas in Windhoek
Suid-Afrika is tans onoorwonne ná sewe wedstryde en hulle het reeds 498 doele aangeteken en slegs 207 afgestaan.
Proteas te sterk vir Malawi
Die Suid-Afrikaners is tans nog onoorwonne in die Afrikabekertoernooi nadat hulle ook vroeër met Zimbabwe, Kenia en Tanzanië klaargespeel het.
Proteas oorrompel Zimbabwe; vandag wag Kenia
Die nasionale netbalspan poog om die Afrikabeker vir die sesde keer in Windhoek omhoog te hou.
Karla se Lightning eerste op punteleer
Die 31-jarige oudleerling van Hoërskool Zwartkop in Pretoria is vroeër as die span se kaptein aangewys en sy het ’n beduidende rol in hul onlangse oorwinning teen die Collingwood Magpies gespeel.