Suid-Afrika is onteenseglik besig om die gaping tussen hulle en die wêreld se voorste netbalspanne te laat krimp.
Alles vir die sleutelwoord "netbal"
Proteas se beste in 50 jaar teen Nieu-Seeland
Goed. Amper baie goed, maar op die ou end tog nie goed genoeg nie.
Jaguars wen uiteindelik die titel ná vierde eindstryd
Uiteindelik het die Noord-Gautengse Jaguars dit reggekry.
Premierliga se top-vier spook dit uit om netbalkroon
Die Netbal-premierliga se hoogtepunt word Sondag na sewe weke bereik wanneer die eindwedstryd in Bloemfontein gespeel word.
Nuwe kampioen word in Netbal-premierliga gekroon
ʼn Nuwe kampioen sal Sondag in Bloemfontein na sewe weke se gehalte-netbal in die Netbal-premierliga gekroon word.
Premier-netballiga se half- en kwarteindspanne bepaal
Die laaste van die groepwedstryde van Brutal Fruit se Premier-netballiga die naweek in Bloemfontein was bepalend vir die rondomtalie-puntelys en daarmee ook vir watter spanne vir die halfeind- en kwarteindwedstryde kwalifiseer.
Dis nou ʼn gejaag na posisies vir die uitspeelrondes
Die naweek se sesde en laaste rondomtalieronde van die Netbal-premierliga om die Brutal Fruit-beker in Bloemfontein is reeds ʼn mini-uitspeelreeks in die kleine met vier spanne wat kop aan kop op die puntelys is.
Sege teen die Jaguars kan Stings na die eerste plek laat spring
Die Noord-Gauteng Jaguars, wat met agt punte boaan die Netbal-premierliga se puntelys is, speel Vrydagaand in die Bellville Velodrome teen die onoorwonne Southern Stings van die Wes-Kaap.
Flames en Jaguars sorg vir netbal-hoogtepunt
Die hoogtepunt van die naweek se derde ronde van die Netbal-premierliga waar hoë tellings nie ongewoon was nie, was Vrydag se taai stryd tussen Noordwes se Flames en die Jaguars van Noord-Gauteng.
Voorloper Jaguars teen moeilike Flames in Premier-netballiga
Die derde ronde van die Netbal Premierliga word Vrydag by die Universiteit van Kaapstad voortgesit met die Jaguars van Noord Gauteng en die Southern Stings van die Wes-Kaap wat albei na drie wedstryde onoorwonne op ses ligapunte is.
Stings en Jaguars storm voort, kampioen soek nog eerste oorwinning
Die Southern Stings is na die tweede naweek van die Netbal-premierliga nog onoorwonne nadat hulle Sondag die KZN Kingdom Stars met 60-23 geklop het.
Fireballs lui naweek in met sege oor die Flames
Die Brutalfruit Netbal-premierliga is Vrydag voortgesit by die Universiteit van Tegnologie in Durban waar die Oos-Kaapse Aloes met 38-26 teen die Sunbirds van Mpumalanga gewen het en Gauteng se Golden Fireballs met 48-44 teen die Flames van Noord-Wes baas was.
Netbalkampioen val twee keer vas op eerste naweek
Die afgelope drie jaar se kampioenspan, die Crinums van die Vrystaat, het op die eerste naweek van Brutal Fruit se Premier-netballiga twee keer vasgeval.
Netbal se Premierliga skop die naweek af
Die vierde jaarlikse Brutal Fruit Netbal-premierliga (BFNPL) begin Vrydag in Durban waar die nege provinsies en ʼn tweede span van Gauteng vir die volgende ses naweke teen mekaar sal meeding.
Nóg sukses wink vir vrou in rugbywêreld
Le Roux het onlangs ná meer as 20 jaar as hoof van die netbalklub by dié universiteit in Port Elizabeth by die FNB-Madibaz-rugbyklub oorgeneem.
Quadreeks was tóg die moeite werd
Suid-Afrika het sy laaste wedstryd van die Quadreeks Sondag in Wembley gespeel waar een van die grootste verrassings van die toernooi so byna plaasgevind het.
Proteas nie meer ʼn hierjy-netbalspan nie
Suid-Afrika het Dinsdagaand in die Quadtoernooi in Durban onteenseglik bewys dat hy teen die wêreld se voorste netbalspanne kan meeding.
Ekstra tyd kelder Proteas teen Engeland
Die Suid-Afrikaanse nasionale netbalspan het Saterdag in Durban In die Quad-reeks in ʼn uiters opwindende wedstryd met 48-elk gelykop teen Engeland gespeel, maar die 14 minute ekstra tyd om ʼn wenner te bepaal was een hekkie te ver en die Proteas het uiteindelik 60-55 verloor.
Proteas teen gedugte Engeland in Quadreeks
Die tweede been van die vierhoekige internasionale Quad-netbalreeks begin Saterdag by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban.
Fast5: Jong Proteas kry swaar teen wêreld se bestes
Suid-Afrika het ʼn teleurstellende sesde in die Fast5 Netbal-wêreldtoernooi in Melbourne geëindig waar Nieu-Seeland Australië in die eindstryd geklop het om in die volgepakte arena as die kampioen gekroon te word.