Twee mense is dood en talle, waaronder kinders, is beseer nadat ʼn minibustaxi Donderdagoggend in KwaZulu-Natal teen ʼn wal afgerol het.
Alles vir die sleutelwoord "Netcare 911"
Drie sterf in Krugersdorp-botsing
Drie mans is Donderdagaand dood en een is kritiek beseer nadat hul BMW ʼn boom in Krugersdorp, Gauteng, getref het.
Drie sterf ná trok e-tol-pilaar tref
Drie mense is Donderdagoggend dood en een is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn vragmotor ʼn pilaar van ʼn oorhoofse e-tolhek op die R21-snelweg in Kemptonpark getref het.
Man sterf in Winklespruit-ongeluk
ʼn Man is dood nadat sy motor die pad verlaat het en deur ʼn heining gebars het in Winklespruit, KwaZulu-Natal.
Sesjarige in Centurion raakgery
ʼn Sesjarige seun veg vir sy lewe in die hospitaal nadat ʼn motor hom Dinsdagaand op die R55-pad naby die N14-snelweg in Olievenhoutbosch getref het.
Foto’s: Man beseer toe sleepwa boom tref
ʼn Man is Saterdag in Brakpan, Gauteng, ernstig beseer nadat ʼn motor met ʼn sleepwa ʼn boom getref het.
Man val van krans; twee dae later gered
ʼn Man, wat twee dae lank tussen twee rotse vasgekeer is, is Saterdag in Illembe, KwaZulu-Natal bevry.
Oos-Kaap-vliegtuigongeluk: Pa en seun ernstig beseer
ʼn Pa en sy seun is Saterdag ernstig beseer nadat hul ligte vliegtuig ongeveer 10 km buite Alicedale in die Oos-Kaap neergestort het.
Twee sterf in trompop botsing in KZN
Twee mense is Donderdag dood in ʼn ongeluk tussen drie voertuie op die N2 in Prospecton, KwaZulu-Natal.
Foto’s: Chaos op snelweg ná 7 trokke, 5 motors bots
Die N3-snelweg tussen Villiers en Warden in die Vrystaat is Woensdagmiddag ure lank gesluit ná ‘n kettingbotsing tussen sewe vragmotors en vyf voertuie.
Pa van PTA tydens huisbraak geskiet
Die Akasia-polisiestasie ondersoek ʼn saak van huisbraak nadat ʼn 44-jarige man Woensdag in die vroeë oggendure in die noorde van Pretoria geskiet is.
Een dood, 102 beseer in Mpuma-ongeluk
ʼn Voetganger is Woensdag dood en 102 mense, waarvan die meeste skoliere, is beseer tydens ʼn ongeluk tussen ʼn vragmotor en ʼn bus naby Nelspruit in Mpumalanga.
Man kritiek ná PTA-skietery
ʼn 44-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn skietvoorval Woensdag in die vroeë oggendure in die noorde van Pretoria.
Twee motorfietsryers sterf in ongeluk
Twee motorfietsryers is dood nadat hulle deur ‘n bakkie getref is by die Winklespruit-afrit op die N2-noord in KwaZulu-Natal.
Voetganger 100 m ver gesleep
ʼn Voetganger is dood nadat hy in Krugersdorp deur ʼn motor getref is en glo sowat 100 meter ver gesleep is.
Man sterf in motorfietsongeluk
ʼn Motorfietsryer is Vrydagaand dood na ʼn botsing in Bryanstonrylaan in Sandton, Johannesburg.
Foto’s: Een sterf in trompop botsing met trok
‘n Man is Woensdag dood nadat ʼn motor en ʼn vragmotor mekaar naby Vereeniging in Gauteng reg van voor getref het.
Baba by ongelukstoneel gebore
‘n Babadogtertjie is Dinsdagaand by ‘n ongelukstoneel op die N2-suid naby die Dickenswegbrug in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal gebore.
Twee beseer toe muur omval
Twee mans is Vrydagmiddag beseer toe ʼn muur in Katlehong in Gauteng op hulle omgeval het.
Foto’s: PTA-botsing eis man se lewe
ʼn Man is dood en nog ‘n man is in ʼn kritieke toestand nadat twee motors Vrydagoggend reg van voor in Brooklyn, Pretoria, gebots het.