Netflix het twee weke gelede aangekondig hy het sowat 200 000 kykers in die eerste drie maande van die jaar verloor.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Netflix"
Netflix verloor derduisende kykers
Die stromingdiens oorweeg dit nou om bykomende inkomste deur advertensies te verdien.
‘Bridgerton’ laat weer TV-rekords spat
Die Regency-era-romanse het altesaam 251,75 miljoen ure aan kykgenot verskaf in die eerste week wat dit uitgereik is.
G’n ‘Squid Game 2’ voor 2024
Hy het erken dat hy nog net drie bladsye van die draaiboek vir die opvolgseisoen van die mega-trefferreeks geskryf het.
Magnaat wil ‘Tinder Swindler’ dagvaar
Die Tinder-swendelaar hou egter vol hy is nie die monster wat almal hom wil uitmaak nie.
Kry hiér jou kykstof aanlyn
Die onlangse nuus dat DStv sy stroomdienste van Maart af gaan beperk, sal talle Suid-Afrikaners na alternatiewe bronne van kykstof laat soek.
Swendelaar agter ‘Inventing Anna’ hou kykers vasgenael
Daar word wyd gegons oor die jongste Netflix aflewering, Inventing Anna. Maar wie was Anna Delvey werklik?
Ganse wêreld gons oor ‘Tinder’-swendelaar
Kevin Maher van ‘The Times’ het selfs daarna verwys as ‘die Jaws van internet-afspraakdokumentêre’.
SA se robbe nou in skattige Netflix-animasiefliek te sien
Seal, die Grammy-bekroonde sanger, speel ʼn singende rob genaamd Seal Seal en die aksielegende Dolph Lungren vertolk die rol van ʼn dolfyn genaamd Dolph.
Foto’s: Franse sjef se suikersoet skeppings gryp wêreld aan
Sy skeppings sluit onder meer lewensgrootte leeus, arende, drake, horlosies en telefone, paddas wat goggas vang, robotte, motorfietse, musiekinstrumente en ʼn replika van die Statue of Liberty in.
Petisie geloods oor Netflix se beursprogram
AfriForum het ʼn skrywe aan Netflix gerig nadat ʼn beursprogram van stapel gestuur is waarvoor slegs “swart” studente in aanmerking kom.
‘Squid Game’ se gewildheid lei tot reistoename na Suid-Korea
Sedert die reeks op 17 September in Suid-Afrika sy debuut gemaak het, het soektogte vir vlugte na Suid-Korea met sowat 40% toegeneem.
Netflix gekap oor beursprogram met kwotas
Slegs swart, bruin of Indiërstudente kom vir die stromingsdiens se beursprogram in aanmerking.
Netflix stoot SA pryse op
Staal jouself om meer op te dok om gewilde reekse en rolprente te stroom.
Vrou oorval deur oproepe nadat nommer in ‘Squid Game’ verskyn
“Dit is ʼn nommer wat ek al vir langer as tien jaar gebruik, so ek is nogal uit die veld geslaan. Daar is meer as 4 000 nommers wat ek van my foon af moes vee.”
Plaaslike fliek eersdaags op Netflix te sien
Die fliek is plaaslik vervaardig en spog met ʼn sterbelaaide rolverdeling wat akteurs soos Colin Moss, Thapelo Mokoena, Marciel Hopkins, Schalk Bezuidenhout en Sandra Prinsloo insluit.
Netflix koop omvattende Roald Dahl-werke
Dahl is in 1990 in die ouderdom van 74 jaar oorlede nadat hy verskeie klassieke boeke soos “Fantastic Mr. Fox”, “The twits”, “The witches” en “The BFG” geskryf het.
Skaakikoon dagvaar Netflix oor ‘The Queen’s Gambit’
“Netflix het blatant en moedswillig gejok oor Gaprindashvili se prestasies.”
Hier is gesigte van ‘The Crown’ se vyfde seisoen
Die nuwe hoofstuk van die reeks sal glo in die laat 90’s afspeel.
Netflix wil videospeletjies se mark betree
Aangesien die diens ook toenemend strawwe mededinging kry van nuwe stromingsplatforms wat die mark betree, soos Disney+ of Amazon Prime, kan speletjies ʼn unieke aanbod aan Netflix-gebruikers bied.