Lesers kan nou saam met Angus deur die Bybel stap. Dié Stiltetydbybel bevat ’n Bybelleesplan vir een jaar, teksverse vir spesifieke behoeftes en ’n lys Bybelse beloftes wat hulle sal help om God se beginsels vir die lewe te ervaar.
Alles vir die sleutelwoord "nie-fiksie"
Boek: Jou God is hier!
Hierdie dagboek sal lesers in elk van die 366 dagstukke verseker dat hulle nooit hoef te twyfel oor God se teenwoordigheid nie.
Boek: Jy is Myne
Die 366 dagstukke sal lesers op ’n reis neem waar hulle kan juig oor genade, en bemoediging kan kry in swaarkrytye by die Een aan wie hulle behoort.
Boek: In die donker put
Depressie, uitbranding, spanning en bekommernis is vir duisende mense ’n realiteit. In die donker put bied ’n eerlike prentjie van dié groot stryd.
Boek: 7 ritmes vir kinders
Ontdek ’n prettige manier om die regte grondslag te lê vir kinders se geloof. Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en ’n verhouding met Hom te hê.
Boek: Geheime vir ’n gelukkige huwelik
“Geheime vir ’n gelukkige huwelik” praat reguit met lesers en voeg daardie stukkie humor in wat hulle sal aanspoor om met passie en vreugde te baklei vir die belangrikste verhouding in hul lewe.
Luister: Carla van der Spuy vra waarom vroue agter tralies beland
Wat laat vroue moor? Wat het so verskriklik skeefgeloop in hul lewens dat hulle tot sulke uiterstes gegaan het? Carla van der Spuy se jongste nie-fiksie boek, Bloed op haar hande – vroue agter tralies, vra hierdie soort vrae.
Boek: Hoekom? Ensiklopedie
Hierdie asemrowende volkleur-ensiklopedie word in ’n interaktiewe vraag-en-antwoordformaat aangebied wat feite vet pret maak! Dit fokus op onderwerpe waaroor kinders regtig graag meer wil leer en die vrae wat hulle daaroor vra.
Boek: ’n Boodskap van hoop
Vir dekades al deel die mense van Suid-Afrika ’n passie vir sport. Maar wat ons regtig saamsnoer, is die Hoop wat in ons hart leef. Karien Basson bring hierdie twee eg-Suid-Afrikaanse elemente saam in een inspirasie-aanbieding.
Boek: Maak tyd om te lewe
Maak tyd om te lewe sal lesers help om terug te staan van hulle grense en die ruimte te skep wat hulle nodig het om God te vertrou om te doen wat Hy in hulle en deur hulle wil doen.
Boek: Bloed op haar hande – vroue agter tralies
Waarom moor? Carla van der Spuy het vier tronke dwarsoor Suid-Afrika besoek en het gaan loer in die psiges van vroue wat geweldsmisdade gepleeg het.
Boek: God van wonders
God van wonders deur Angus Buchan is propvol getuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieël.
Boek: Kwelvrae wat tieners vra
Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het.
Boek: ’n Anker vir die siel
Bekende outeur en radio-persoonlikheid Riekert Botha neem lesers op hierdie reis van vergifnis, verlossing, hoop, liefde, God se heerlikheid en die ewige lewe. Dié oordenkings sal lesers nuwe krag gee te midde van die storms van die lewe.
Boek: Tem jou kind se tantrums
Die meeste ouers het al iewers langs die pad gevoel asof hul kind se buie die huishouding beheer. En dan praat ons nie eers van daardie skaam-my-dood-oomblikke in die winkel waar jy regtig nie weet wat om te doen nie … James Dobson het raad in Tem jou kind se tantrums.
Boek: Die Wondêrwereld Van Goggas
Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van insekte en ander goggas kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!
Boek: Op Die Punt Van My Tong: 80 Tawwe Tongknopers
Jaco Jacobs se bekroonde kinderverse is gewild by skole, kunswedstryde – en veral op duisende Afrikaanse kinders se boekrakke, waar dit ‘n ereplek verdien. Hierdie splinternuwe versameling tongknopers en snelsêers sal sorg vir ure se lekkerlag-pret!
Boek: 50 dinge wat jy oor die hemel moet weet
Ons wil almal weet wat gebeur met ons wanneer ons doodgaan. Mense vra al hoe meer vrae oor die hemel en weet nie waar om die antwoorde te kry nie.
Boek: Stres in die werkplek
Werk is dikwels ’n liefde-haat-saak. Jy kan nie sonder jou werk nie, maar is dit nie die ding waaroor jy die meeste kla nie? Stres in die werkplek deur Henk Gous is ’n boek vol Bybelse beginsels vir elkeen wat die gekompliseerde werkswêreld moet aandurf.
Boek: Kies liefde …
Om in elke situasie liefde aan ander te bewys, is ’n keuse. Maar voor dit kan gebeur, moet jy ook kies om God se liefde vir jóú te aanvaar. Dit is op hierdie liefdeskeuses wat Stormie Omartian fokus in Kies liefde …