Vir elkeen wat in Afrikaans belangstel en doeltreffend wil kommunikeer, is die ‘Tesourus van Afrikaans’ ʼn besondere instrument.
Alles vir die sleutelwoord "niefiksie"
Boek: Biografie oor Boeregeneraal wat Uniewording help bewerkstellig
‘Louis Botha’ deur Richard Steyn bied ʼn blik op die lewe van dié krygs- en staatsman.
Boek: ‘Welkom by die museum – Anatomicum’
Hoe lyk jou liggaam aan die binnekant? Hoe word spiere gebruik om emosies te wys?
Luister: Feiteboek vir kinders gee stem aan SA baanbrekers
‘Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika’ is ʼn eg Suid-Afrikaanse kinderensiklopedie met meer as 100 verhale oor baanbrekers in vakrigtings soos die wetenskap, tegnologie en ingenieurswese.
‘My oorlog teen ADHD’
“Soos baie ander kinders het ek gevoel ek pas net nie in nie. Ek was anders. Ek was die malletjie in die gesin. Die kind wat net nie wou luister nie. Deurmekaar en ’n emosionele wipplank.”
Boek: ‘Plekname van Suider-Afrika’
Reisigers, avonturiers, toeriste en belangstellendes wat geïnteresseerd is in die herkoms en betekenis van geografiese name kan dié reisgids nou in Afrikaans bekom.
Boek: Briewe tussen maestro’s verruim SA musiekgeskiedenis
‘Sulke vriende is skaars. Die briewe van Anton Hartman en Arnold van Wyk’ bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek.
Boek: Is bye werklik in gevaar en wat kan ons doen om hulle te beskerm?
‘Die boek van bye’ is ’n treffende, veelvlakkige en humoristiese boek oor een van die natuur se grootste geskenke: die by.
Boek: ‘Voetstoots’ – Annelie Botes
‘Voetstoots’ is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie Botes se koerantrubrieke. Dis lag, huil, kwaad word, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers.
Boek: ‘Jou geldsake’ – Theo Vorster
In ‘Jou geldsake’ gee Theo Vorster riglyne oor hoe om rasionele langtermynbesluite in moeilike omstandighede te neem.
Boek: Maak ʼn kopskuif in jou finansiële posisie
‘Welvaartskeppers’ bied praktiese advies asook toerusting om oor elke strategie na te dink, jou eie finansiële posisie te verbeter en selfs, uiteindelik, inkomste vir ander te skep.
Boek: ‘Loer binne’ – Die see, plaas
Dié kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders (nul tot ses jaar) ʼn geleentheid om meer oor die see en plaas uit te vind.
Boek: Resepte om baba mee te verwelkom
‘Bak dit self’ bevat 50 feestelike koekresepte om ʼn nuwe baba mee te verwelkom. Van vanielje- en sjokoladekoek tot die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek asook geurige lemoen- en pynappelkoek.
‘Ek word afgepers ná ’n buite-egtelike kuberverhouding’
‘Vir mans’ deur Johan Ferreira skep ’n bewustheid by mense, en nie net mans nie, van die alledaagse en mees algemene lewensuitdagings waarvoor mans te staan kom.
Boek: ‘God – Is daar ʼn ander antwoord?’
Ben du Toit se vorige boek, God? Geloof in ʼn Postmoderne tyd, is in 2002 met die Andrew Murray-prys bekroon en in 2012 heruitgegee.
Boek: ‘Ontdek: Insekte’
‘Ontdek: Insekte’ gee nuuskierige agies ’n kans om meer oor insekte te wete te kom. Die inligting word boonop vergesel van kleurryke foto’s, ’n woordelys en plekke om te besoek.
‘God se genade is vir jou genoeg’
Charmé Kriel se lewe het handomkeer verander ná preëklampsie op 27 weke van swangerskap by haar gediagnoseer is. Baba Lisa is tydens ʼn noodkeisersnee prematuur gebore en het maar 850 gram geweeg.
Boek: ‘Braaibroodjies en burgers’ – Jan Braai
Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee.
Boek: ‘Ontdek: Die oseaan’
‘Ontdek: Die oseaan’ gee nuuskierige agies ’n kans om meer oor oseane te wete te kom. Die inligting word boonop vergesel van kleurvolle foto’s, ’n woordelys en plekke om te besoek.
Boek: Pharos-blokraaigids met antwoorde
As jy die naam van ’n vulkaan in Antartika, ’n sanger wat deel was van die Beatles of die vorige staatshoof van Viëtnam wil weet, het jy dié blokraaigids nodig.