Daag jouself uit met 30 nuwe blokkiesraaisels wat slegs kriptiese leidrade verskaf.
Alles vir die sleutelwoord "niefiksie"
Boek-uittreksel: Die Bybel is God se liefdesbrief aan sy kinders
Die Bybel is van begin tot einde in werklikheid ’n liefdesverhaal. Kom ontmoet God in hierdie Boek waarin Hy jou uitnooi tot ’n liefdesverhouding met Hom wat jou lewe vir altyd sal verander.
Boek: Plaasaanvalle – slagoffers aan die woord
Carla van der Spuy het met tien boere gesels wat die grusaamheid van plaasaanvalle oorleef het.
Boek: Die trekos en trektoerusting in Suid-Afrika – ’n historiese perspektief
Die gebruik van osse as trekdiere is lankal nie meer deel van Suid-Afrikaners se werklikheid nie, maar daarsonder is die land se geskiedenis ondenkbaar.
Boek: Groot boeke oor fietse, vliegtuie en lorries
Het jy al ooit gewonder hoe die eerste fiets gelyk het? Of hoe die eerste wiel ontdek is? Dit is geskik vir kinders van nul tot ses jaar.
Boek: Die liedjieboer, Anton Goosen, gesels met Hanlie Retief
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel Anton Goosen nou sy volle verhaal.
‘Skarlakenkinders’ lig sluier oor mensehandel
In “Skarlakenkinders” lig Anzil Kulsen en Nadine Blom die sluier oor internetbruide, orgaan- en dwelmhandel, kinderarbeid en ander lokvalle in mensehandelnetwerke. Luister hier na die onderhoud.
Boek: Sasol Voëls van Suider Afrika (Vyfde hersiene uitgawe)
Voëlkykers en -entoesiaste kan nou die vyfde hersiene weergawe van “Sasol Voëls van Suider Afrika” aanskaf.
Boek: ‘#ImStaying’ bring hoop vir SA’ners
Meer as ʼn miljoen Suid-Afrikaners het binne enkele weke nadat die #ImStaying-veldtog op die been gebring is, hul gunsteling-herinneringe en stories op dié beweging se Facebook-blad gedeel.
Boek-uittreksel: Die verlore seun vannie Gaatjie
“Welkom in die lewensveranderende verhaal van Ivor Swartz – energieke navolger van Jesus en kreatiewe storieverteller,” sê Stephan Joubert oor “Die verlore seun vannie Gaatjie.” Lees hier ʼn uittreksel uit die boek.
Boek: Doendinge vir elke dag van die jaar
Fanie Viljoen se jongste boek, “Doendinge vir elke dag van die jaar”, bevat ’n verskeidenheid idees vir kunsprojekte, speletjies en eksperimente, asook wenke om alleen besig te bly of iets saam met vriende te doen.
Spioene, leuens en reusewins: Onderwêreld van sigarette blootgelê
“Oor die afgelope drie maande sou die verlies aan inkomste genoeg gewees het om die salarisse van 66 000 polisiebeamptes te betaal. Of die regering kon die uitbetaling van 277 000 pensioentoelae met die geld gedek het.”
Boek: In Christus – Van toeskouer tot spoortrapper
“God is nie een of ander control freak nie…. Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.” Lees meer oor In Christus – Van toeskouer tot spoortrapper.
Boek: Erfgeld is swerfgeld
Johan Bakkes is ʼn bekende skrywer van andersoortige reisverhale. In “Erfgeld is swerfgeld” word humoristiese vertellings oor sy reise afgewissel met sy pa se wolhaarstories en lewendige geskiedenisvertellings.
Die Slag van Donkerhoek 120 jaar later gedenk
Kraal Uitgewers het Vrydag die Donkerhoek-gedenkterrein en -begraafplaas besoek om dié slag te gedenk. Barend Uys, ’n nasaat van die Skotse regimentsersant-majoor van die 9th Lancers, Walter Grant, wat ook aan dié slag deelgeneem het, het die besoek meegemaak.
Boek: Die klein boekies met baie inligting
Het jy geweet muskiete is van die dodelikste wesens op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Fanie Viljoen se reeks klein boekies deel allerlei interessanthede van mense en diere tot bome en die buitenste ruimte. Lees meer.
Boek-uittreksel: Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop
’n Motorongeluk tydens ’n gewone gesinsvakansie verander die Robbertsgesin se lewe dramaties. Lees hier ʼn uittreksel uit “Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop” deur Mariska Robberts.
Boek: Weet hoe met wetenskap
“Weet hoe met wetenskap” leer jou hoe om indrukwekkende isoleerhandskoene, verstommende spaghettitorings en baie meer te maak. Elke eksperiment bevat eenvoudige aanwysings met foto’s wat jong lesers stap vir stap lei.
Boek: Dinosourium
Lesers van agt tot 80 wat in dinosourusse geïnteresseerd is, sal beslis van “Dinosourium” hou. Lees meer.
Boek: Eisteddfod-pret 2
“Eisteddfod-pret 2” bied ʼn versameling gedigte, monoloë en samesprake wat geskik is vir laerskoolleerders.