Die Nigeriese weermag het Dinsdag gesê hy kon daarin slaag om ʼn terreuraanval, na bewering deur die Islamitiese terreurgroep Boko Haram, op die stad Maiduguri af te weer.
Alles vir die sleutelwoord "Nigerië"
Motoriste in Nigerië gestrand gelaat weens brandstoftekorte
Talle motoriste en pendelaars is oor die Kersperiode gestrand gelaat weens ʼn brandstoftekort wat al drie weke lank voortduur.
Nigeriese pastoor, makkers in hof
Die twee vroue het Dinsdag die hofgebou verlaat met sambrele voor hulle gesigte en het vinnig in ʼn Mercedes geklim wat vir hulle gewag het.
Talle sterf in selfmoordbomaanvalle
“Twee vroue het toestelle aan hul onderbaadjies gedra en dit laat afgaan terwyl noodwerkers kos aan armes uitgedeel het.”
Vroue werf glo meisies vir pastoor om seksueel te misbruik
Daar word beweer dat die vroue die meisies vir die pastoor gewerf het en dan hul bewegings fyn dopgehou het in die plekke waar hulle aangehou is.
Hof sê oor TV-evangelis se borgtogaansoek
Dié evangelis het na bewering meer as 30 meisies en vroue van verskeie takke van kerke in Suid-Afrika én in die buiteland na ʼn huis in Umhlanga, KwaZulu-Natal, geneem waar hy hulle glo seksueel misbruik het.
TV-evangelis hoor vandag oor borgtog
Die Nigeriese pastoor word van mensehandel en die seksuele misbruik van nagenoeg 30 meisies in Suid-Afrika beskuldig.
TV-evangelis vra wéér borgtog
Daar het glo nou nuwe inligting aan die lig gekom in die saak teen ʼn Nigeriese pastoor wat van mensehandel en die seksuele misbruik van nagenoeg 30 meisies in Suid-Afrika beskuldig word.
TV-evangelis hoor oor borgtog
Uitspraak is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof gelewer in die borgtogaansoek van die Nigeriese pastoor wat van mensehandel en die seksuele misbruik van nagenoeg 30 meisies in Suid-Afrika beskuldig word.
TV-evangelis se verblyfstatus in SA betwis
“Hy het vyf geleenthede gehad om te ontsnap, maar het teruggekom. Daarom is hy nie ʼn vlugrisiko nie.”
TV-evangelis was onwettig in Suid-Afrika, hoor hof
Die bekende TV-evangelis het na bewering meer as 30 meisies en vroue na ʼn huis vervoer waar hy hulle glo seksueel misbruik het.
Pastoor ‘is getraumatiseerd’, hoor hof
“Hulle het my gegryp en uit die toilethokkie gedwing. Vier of vyf mans het die badkamer binnegekom en my gestamp. Ek was bang en niemand het my regte aan my verduidelik nie.”
Nigeriese pastoor het glo Valke-beampte aan sy kant gehad
Die Nigeriese pastoor wat daarvan beskuldig word dat hy 30 meisies seksueel misbruik het, het glo hulp van ʼn senior beampte van die Valke gekry.
Hond red talle trougaste van selfmoordbomaanvaller
Die bomme wat aan haar lyf was, het ontplof net voor sy by die saal waar die seremonie gehou is kon instap.
Mensgemaakte hongersnood
In die volgende tydperk gaan bykans 20 miljoen mense deur hongersnood geteister word en ʼn groot aantal mense gaan sterf. Dié sterftes kan egter nie aan natuurrampe soos droogtes toegeskryf word nie, maar moet vierkant voor die deur van onbevoegde regerings gelê word.
Vreemdelinge-haat of vreemdelinge-afguns
Suid-Afrika moet ʼn slag die waarheid in die oë kyk. Die onderskeie etniese bevolkings in die land kom nie eers met mekaar oor die weg nie – wat nog te sê met vreemde bevolkingsgroepe uit die buiteland.
Boko Haram uit laaste vesting verslaan, sê Nigerië
Nigerië se president het Saterdag gesê die Islamitiese terreurgroep Boko Haram is uit sy laaste vesting in die Sambisa-woud in die noordooste van die land verslaan.
Nog 21 ontvoerde Chibok-meisies vrygelaat
Die Nigeriese regering het Donderdag aangekondig dat nog 21 van die meer as 200 skoolmeisies, wat in 2014 deur die Boko Haram-terreurgroep in Chibok in die noordooste van die land ontvoer is, vrygelaat is.
Nigerië-ontvoerings: SA’ner op pad terug
Die Suid-Afrikaner, wat Woensdag saam met ses ander werknemers van ʼn Australiese maatskappy in die Cross River-staat in Nigerië ontvoer is, sal na verwagting Dinsdagoggend met sy gesin in Suid-Afrika herenig word.
SA’ner, minstens vier ander in Nigerië ontvoer
ʼn Suid-Afrikaner en minstens vier ander mense, onder wie twee Australiërs, is Woensdag in Nigerië op pad werk toe ontvoer.