Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê nie ʼn sent van belastingbetalersgeld mag verder spandeer word “tot voordeel van een man” nie.
Alles vir die sleutelwoord "Nkandla"
Presidensie ontken nuwe verbeterings by Nkandla
Die presidensie het Sondag onomwonde mediaberigte verwerp van verdere opknappingswerk op belastingbetalerskoste by sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Kan Suid-Afrika iets uit die Siriese situasie leer?
Wat wel soos ’n paal bo water staan, is dat geweld nie nou deur Zuma se opponente oorweeg word nie. Een van die opposisieleiers, Bantu Holomisa van die UDM, het wel gesê dit kan nie toegelaat word dat die opstand in protesoptogte stagneer nie – die gesamentlike opposisie moet onder een dak byeenkom en oor verdere opsies besluit.
AfriForum en die kinders van Nkandla
Vir diegene wat steeds wonder: Ja, AfriForum gaan veg teen die onreg wat Zuma en sy regering in Nkandla pleeg … En nee – ons gaan nie ʼn skool bou nie.
Zuma wil Nkandla-burgemeester wees
Pres. Jacob Zuma wil die burgemeester van Nkandla word wanneer hy uittree as president.
Gemeentelede moet nou glo Zuma-bank gebruik
VBS Mutual Bank, die bank wat bekendheid verwerf het nadat dit finansiering aan pres. Jacob Zuma verskaf het om van die opgraderings by sy huis in Nkandla terug te betaal, gaan glo binnekort bykomende geld ontvang.
OBK leen R300 miljoen aan VBS Mutual Bank
Die bank wat vir pres. Jacob Zuma die geld geleen het wat hy vir Nkandla moes betaal, het in 2015 R300 miljoen van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) ontvang.
‘Nxesi het parlement mislei oor Nkandla’
Die DA het Sondag Thulas Nxesi, die minister van openbare werke, daarvan beskuldig dat hy die parlement mislei het oor die kosteberekening van Nkandla.
Nóg ʼn betalingsbewys van Nkandla-geld geëis
“Pres. Jacob Zuma het ʼn lang geskiedenis van vriende wat sy rekeninge betaal en moet behoorlik bewys lewer van sy beweerde huislening om die R7,8 miljoen van sy Nkandla-woning te betaal.”
Nog geen besluit oor korrupsieklagte teen Zuma
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het steeds nie besluit of hy sal voortgaan met aanklagte van korrupsie teen pres. Jacob Zuma nie. Dié aanklagte is in 2014 aanhangig gemaak na aanleiding van die openbare beskermer se verdoemende Nkandla-verslag.
Kry die huis in orde, hou op om my te mishandel, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag die gedrag van LP’s in die Nasionale Vergadering veroordeel en gesê hulle mishandel hom, en speaker Baleka Mbete versoek om iets daaromtrent te doen.
Betalingsbewys vir Nkandla-geld aangevra
“Suid-Afrika het nodig om vrede te maak met die Nkandla-sage en om dít te doen, kort miljoene Suid-Afrikaners meer as die woord van die presidensie; ons kort ’n betalingsbewys van die president self.”
Zuma kry huislening om Nkandla-geld te betaal
Pres. Jacob Zuma moes ʼn huislening aangaan om die R7.8 miljoen terug te betaal wat op nie-veiligheidsopgraderings aan sy privaat Nkandla-woning bestee is.
Zuma betaal glo gedeelte van Nkandla-geld terug
Pres. Jacob Zuma het glo R7.8 miljoen terugbetaal as deel van die bedrag wat aan nie-sekuriteitsopgraderings by sy privaat Nkandla-woning bestee is.
OB moet Nkandla-leningsaansoek ondersoek
Volgens die VF Plus kom ontstellende tekens na vore dat die ANC en pres. Jacob Zuma die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se fondse as hul persoonlike spaarvarkie gebruik, en die party gaan die openbare beskermer (OB) vra om dit te ondersoek.
Sakeforum sal Nkandla-geld terugbetaal
Die Madibeng-sakeforum sal pres. Jacob Zuma help deur die R7,8 miljoen terug te betaal wat gebruik is om opgraderings by sy private Nkandla-woning in KwaZulu-Natal te doen.
Grondwethof keur Zuma se Nkandla-rekening goed
Die konstitusionele hof het Dinsdag die bedrag wat pres. Jacob Zuma uit sy eie sak vir Nkandla moet betaal, goedgekeur.
Presidensie ontken versoek vir Zuma-donasies
Die presidensie het Dinsdag die publiek gewaarsku oor beweerde slenters op sosiale media, waarin mense versoek word om geld in bankrekenings te betaal ter ondersteuning van pres. Jacob Zuma.
Soveel moet Zuma vir Nkandla opdok
Die Tesourie het Maandag bekend gemaak hoeveel pres. Jacob Zuma uit sy eie sak vir Nkandla moet betaal.
Nkandla-terugbetaling: Tesourie doen steeds berekeninge
Die Nasionale Tesourie het Donderdag gesê hy is sterk op pad om die finale bedrag te bepaal wat pres. Jacob Zuma aan die staat moet terugbetaal vir die opgraderings by sy private woning in Nkandla.