“Die afsondering kan nie skielik opgehef word nie. Dit sal eerder geleidelik moet gebeur.”
Alles vir die sleutelwoord "Nkosazana Dlamini-Zuma"
Noordwes steeds beroerd meer as jaar ná ingryping
Sewentien maande sedert die nasionale regering die administrasie van al elf provinsiale regeringsdepartemente in Noordwes oorgeneem het, is die meeste departemente steeds grotendeels wanfunksioneel.
DA ondersoek beweerde skenking aan Dlamini-Zuma
Die DA het onderneem om alles in sy vermoë te doen om agter die kap van die byl te kom van bewerings dat R55 miljoen van Bloemfontein se belastingbetalersgeld aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se veldtog om in 2017 leier van die ANC te word, geskenk is.
Dlamini-Zuma se eierdans oor politieke geld
Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie, is ongeneë om te sê of enigeen wat finansieel bygedra het tot haar poging om ANC-leier te word, voordeel trek uit staatskontrakte.
Dlamini-Zuma begin in haar pos
Die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS) het bevestig dat Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie (beplanning, monitering en evaluasie), Vrydag met die pligte van haar nuwe pos in die Uniegebou in Pretoria begin het.
ANC-Vroueliga staan by Dlamini-Zuma
Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), was Sondag steeds oortuig dat hul voorkeurkandidaat die stryd om die presidentskap van die party sal wen ondanks die verlies aan stemme in sleutelondersteuningsgebiede.
ANC sê dalk dán oor nuwe president
Met minder as 24 uur voordat die 54ste nasionale leierskapkonferensie van die ANC amptelik afskop, is die Nasrec-eksposentrum reeds ʼn miernes van bedrywighede soos afgevaardigdes en die media vir die geleentheid aanmeld.
ANC-verkiesingskonferensie: Markte hou asem op
Ekonome meen ʼn Ramaphosa-oorwinning kan finansiële markte oor die korttermyn ʼn hupstoot gee, maar dat dit harde werk en moeilike besluite sal verg om die ekonomie weer op koers te kry.
Moenie nuwe ANC-leier se invloed op ekonomie en 2019-verkiesing onderskat nie
Die keuses wat binnekort by die ANC se nasionale leierskapkonferensie gemaak word, sal nie net die party se lot in die algemene verkiesing in 2019 bepaal nie, maar ook implikasies vir die ekonomie inhou.
ANC maak geskiedenis, sê Dlamini-Zuma
Die ANC-LP Nkosazana Dlamini-Zuma het Saterdag tydens ʼn byeenkoms by die Sugar Ray Xulu Stadion in Clermont in KwaZulu-Natal gesê ANC-takke landwyd maak “geskiedenis”.
Waar kon SA al sónder die ANC wees?
Aan die einde van die jaar is dit gebruiklik vir meningsvormers en ontleders om terug te kyk en ʼn oordeel te vel voordat daar na ʼn vooruitskouing aanbeweeg word. Maar watter soort jaar was 2017 regtig?
KZN gooi gewig agter Dlamini-Zuma
Limpopo het vroeër die dag sy gewig agter Ramaphosa gegooi en met KZN se aankondiging van sy kandidate, het al die provinsies nou hul provinsiale algemene raadsvergaderings afgehandel.
ANC in Gauteng kies hul voorkeurkandidaat
Die ANC in Gauteng het Saterdagaand in Irene in Centurion hul voorkeurkandidaat benoem om pres. Jacob Zuma op te volg.
ANC-takvergaderings ‘onwettig en onreëlmatig’
Dlamini-Zuma is deur die party se algemene provinsiale raad in die Vrystaat genomineer as die voorkeurkandidaat om pres. Jacob Zuma op te volg, maar die hofuitspraak kniehalter nou dié nominasie.
ANC-leierskapkonferensie: As Dlamini-Zuma leier van die ANC sou word
Maroela Media het met verskeie politieke ontleders en kommentators gesels om uit te vind wat Nkosazana Dlamini-Zuma se oorwinning op die komende ANC-leierskapkonferensie vir die party en die land sou beteken.
Belastingbetalers hoes vir Dlamini-Zuma se veiligheid
“Niemand voel sekerlik met reg meer bedreig as die boere van die land nie, maar vir hulle is daar geen spesiale BBP-beskerming nie.”
ANC-leierskapkonferensie: Is daar sprake van skikking soos in Zim?
Is Zuma die volgende Mugabe? Is Dlamini-Zuma die volgende Grace en Ramaphosa die volgende Mnangagwa? ʼn Interessante verwikkeling het verlede week in die leierskapstryd om die ANC-topposisie plaasgevind.
Ramaphosa en die ANC-leiersverkiesing
Wie gaan die ANC-leiersverkiesing in Desember wen – Cyril Ramaphosa of Nkosazana Dlamini-Zuma? Om in kerksake te voorspel, is redelik maklik. Daar moet jy tussen sleg en goed kies. Om in politiek te voorspel, is baie moeiliker. Daar moet jy meestal tussen sleg en slegter kies. Hier is dit ook die geval.
ANC-leierskapkonferensie: Só staan sake tans
“Wat ook al die uitkoms, ek twyfel sterk of ons ooit weer ʼn verenigde ANC sal sien.” Kyk hier wat ontleders voorspel vir die ANC se verkiesingskonferensie volgende maand:
‘Dis nou die tyd vir ʼn vrouepresident,’ sê Dlamini-Zuma
“Die tyd het gekom vir ʼn leier wat nie net praat nie, en daardie leier is Nkosazana Dlamini-Zuma.”