“Sy was nie juis produktief om sake gereed te kry vir die hof nie. Ek het die idee gekry sy was uit die ding uit terwyl sy geskors was en het tyd nodig gehad om weer op die hoogte van sake te kom.”
Alles vir die sleutelwoord "Nomgcobo Jiba"
Jiba nié op bedrogaanklag vervolg
Jiba is voorheen vervolg rakende haar betrokkenheid by die sage waarin genl.maj. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, aangekla is. Haar vervolging is gestaak nadat adv. Shaun Abrahams as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) oorgeneem het.
Jiba dalk deur NVG vervolg
“As die NVG se besluit is dat Jiba vervolg moet word, het ons probleme.”
Staatsaanklaer getuig oor Jiba, Mrwebi
Chris Macadam, staatsaanklaer van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Dinsdag getuig oor die geskorste topadvokaat Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi se bekwaamheid om die amp te beklee.
Ramaphosa laat Jiba, Mrwebi ondersoek
Ramaphosa het gesê hul skorsing met volle betaling hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na hul geskiktheid vir hul poste tree vandag in werking.
Ramaphosa wil Jiba, Mrwebi ondersoek
Ramaphosa het Jiba en Mrwebi versoek om teen 10 Augustus redes te verskaf waarom hulle nie geskors moet word hangende die ondersoeke teen hulle nie.
AfriForum: ‘Ons sal Jiba steeds privaat vervolg’
Die burgerregte-organisasie AfriForum is steeds van plan om adv. Nomgcobo Jiba, ’n voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), privaat te vervolg ondanks ’n uitspraak deur die appèlhof wat haar en adv. Lawrence Mrwebi se skrap van die rol van advokate ter syde gestel het.
NVG se Jiba, Mrwebi seëvier in appèlhof
Die appèlhof het Dinsdag ʼn hofbeslissing dat Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) van die rol van advokate geskrap moet word, tersyde gestel.
Hof sê oor besluit om Jiba nie te vervolg
Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het ʼn besluit deur Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, om aanklagte teen sy adjunk, Nomgcobo Jiba, terug te trek, ter syde gestel.
Lid van ‘Zuma se binnekring’ privaat vervolg
“Ons is baie opgewonde oor die saak omdat sy beskou word as ‘n prominente persoon in pres. Jacob Zuma se binnekring.” Kyk hier wie Gerrie Nel volgende gaan vervolg:
Jiba, Mrwebi nie nou geskors
Jiba en Mrwebi is steeds met spesiale verlof.
Zuma oorweeg om Jiba, Mrwebi te skors
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag kennis gegee dat hy beplan om Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi, twee hooggeplaaste amptenare van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), te skors hangende ʼn ondersoek na hul bevoegdheid om hul amp te beklee.
Jiba en Mrwebi versoek ‘spesiale verlof’
Nomgcobo Jiba en Lawrence Mrwebi, die twee hooggeplaaste amptenare van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) wat vroeër vandeesweek van die rol van advokate geskrap is, is op spesiale verlof geplaas.
Twee NVG advokate van rol geskrap
Twee hooggeplaaste amptenare van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), adv. Nomgcobo Jiba en adv. Lawrence Mrwebi, se name is Donderdag van die rol van advokate geskrap nadat die Algemene Balieraad van Suid-Afrika ʼn aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring het.