“Solidariteit Helpende Hand wil deur maatskaplike gebaseerde gemeenskapsontwikkeling die ontwikkeling van die individu in sy gemeenskap en die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel bevorder.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Noodfonds"
’n Boei vir bejaardes in die grendeldae
“Die Solidariteit Beweging se krisisfonds het in die afgelope vyf maande daarvoor gesorg dat Helpende Hand op verskeie maniere ons senior burgers kon ondersteun.”
Genade vir gestremdes in dié krisistyd
Die Solidariteit Beweging se krisisfonds het verligting gebring in ʼn baie moeilike tyd en San Michele in staat gestel om van die persoonlike beskermingsprodukte aan te koop.
Dankbaarheid, die kers in jou donkerte
Die Wes-Kaapse tak van Helpende Hand het gedurende die inperkingstyd tussen 200 en 350 versoeke per maand vir kos ontvang.
Noodverligting op pad na Noord-Kaap
Kimberley, Griekwastad, Hopetown, Strydenburg, Britstown, Victoria-Wes, Loxton, Carnarvon en Williston gaan met hierdie uitreikprojek besoek word. Vroeër die jaar is Vaalharts, Warrenton, Christiana, Postmasburg, Douglas, Kuruman en Kathu reeds besoek.
‘Vloedgolf van positiewe veranderinge in onderrig’
“Hierdie inhoud help ons leerders om te vorder met hulle studies en gee vir hulle elke week iets nuuts om na uit te sien.”
Kosskenking van miljoene rand sal middelklas in nood help
Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand het ’n derde reuseskenking van die Douw Steyn-familietrust ontvang om honger in die land te bekamp.
Voedingsprojek brei uit in krisistyd
“Ons kry baie geknakte riete en gebluste lampe op ons drumpel, mense wat hul werk, huis en motor verloor het en letterlik op straat slaap. Dan begin die rehabilitasieproses.”
Nuwe wind in onderwysers se seile, danksy gratis Wolkskool
Sy glo Wolkskool het aan die leerders die geleentheid gegee om self in beheer te wees, self verantwoordelik te raak en hulself te organiseer.
Harmoniepark: Jy kan help hoop bring
Die Solidariteit Beweging se krisisfonds help om kos op Harmoniepark se tafels te hou, sodat die inwoners tans ook ʼn aandete van sop en brood kan kry. Die fonds het ook ontsmettingsmiddels geskenk,
Reuseskenking voed duisende, skep werksgeleenthede
Met die aanleg en te danke aan die skenking kon nagenoeg 25 000 pakke kos versprei word.
‘Jou planne en hoop moet nooit ophou nie’
Die Solidariteit Beweging se krisisfonds het Helpende Hand in staat gestel om mense in oorlewingsnood te help.
‘Kospakkie is soos ’n Kersgeskenk’
“Vir my is dit die ergste om nie die kinders te sien nie. Ons bied vir baie van hulle ʼn plek waar hulle vry en veilig kan voel, en gevoed word. Hier kan ons hulle monitor vir gedragsveranderinge en dan dadelik ingryp. Maar nou, met die inperking, kan ons nie.”
Koeksisters bied uitkoms, danksy krisisfonds
Navrae van behoeftiges by die Uitenhage-tak het vervierdubbel vandat die Covid-19-pandemie posgevat het; hulle word oorval. “Dis ʼn swaar tyd vir almal.”
Bejaardes, gestremdes, behoeftiges deur krisisfonds gehelp
“Ek kan met ʼn oop hart en skoon gemoed sê dat as Solidariteit Helpende Hand nie by ons betrokke was nie, ons al menigmale diep in die sop sou gewees het, veral nou in die inperkingstyd.”
Die krisisfonds: ’n Vangnet in die tyd van Covid-19
“Mense wil ook net gesels, hulle wil hoor dat hulle nie alleen is nie en wil weet dat iemand nog omgee. Ons kospakkies is nooit net ʼn pakkie kos nie, maar eerder ʼn simbool van omgee en hoop.”
Wolkskool bly gratis tot einde 2020
Van der Merwe sê die SOS wil graag onderwysers ondersteun wat nou kontakklasse en aanlyn onderrig tegelyk moet aanbied.
Leerders leer nog volstoom danksy krisisfonds
“Ons het van die begin van die inperking af elke dag regstreekse klasse aangebied vir matrikulante. Sonder die skenking uit die Solidariteit-krisisfonds sou dit beslis nie moontlik gewees het nie.”
Regstreeks: Solidariteit help reeds duisende met krisisfonds
Die Solidariteit Beweging het Woensdagoggend uitgebreide planne rakende sy krisisfonds bekend gemaak.
Duisende Bybelboekies bring hoop in nood
“Helpende Hand weet dat daar ook hoop saam met elke kospakkie bedien word, en in die tyd van Covid-19 het mense ’n behoefte aan hoop en ekstra ondersteuning.”