Dié baasspeurder is Donderdag tydens ʼn roudiens in Kimberley gegroet. Hy is verlede week aan Covid-19 oorlede.
Alles vir die sleutelwoord "Noord-Kaap"
Rebelspoorvasbyt 2021, ’n ervaring met blywende indruk
Dit was die begin van die Rebelspoorvasbyt-staptog, belaai met vele kampvuur- en potjiekoskuiers, tentopslaan en voetslaan deur verskillende landskappe.
Hoop in die Noord-Kaap
Hoewel sommige dele van die Noord-Kaap wel reën gekry het, is dit geensins ’n oplossing vir die provinsie se uitdagings nie. Dit gaan ’n paar jaar se goeie reënseisoene verg om weer hoëgehalteweiding beskikbaar te hê, skryf Bennie van Zyl.
Pofadder-vrou het topspeurder ná moord aangestel
“Ek sal haar ondersteun waar ek kan, maar die feite wat in die hof gaan uitkom, sal vanself spreek. Ons laat die saak nou in die hof se hande.”
Vrou vra glo ook ‘skelmpie’ om hoteleienaar te vermoor
Suretha was glo ongelukkig in haar huwelik en het aan een van haar minnaars gesê dat sy Leon wil laat “uithaal”.
Pa moor glo stiefseun oor vuil pot
Die man het glo sy stiefseun met ʼn mes in die bors gesteek nadat die seun geweier het om ʼn pot te was.
Man bieg by ma, suster na Pofadder-moord
Die man wat Suretha Brits glo gehuur het om haar man dood te maak, het ʼn dag ná die moord by sy ma en suster gebieg.
Vrou beplan glo moord op Pofadder-hoteleienaar ‘haarfyn’
Suretha Brits het glo selfs voorgestel dat sy en haar kinders teenwoordig is tydens die moord op haar man, om te verseker dat niemand haar verdink nie.
Covid-19: Toename in gevalle in drie provinsies opgemerk
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes probeer nou vasstel of die toename in gevalle aan klusteruitbrekings toegeskryf kan word.
Help om 280 boere se kinders op skool te hou
Die uitdaging is om R4,9 miljoen in te samel sodat ons 280 kinders in hierdie provinsie se skoolgeld kan borg.
Geen borgtog vir Vaalharts-verdagtes
Die Brand-gesin is in Julie op ’n kleinhoewe in die Vaalharts-omgewing oorval, ontvoer en later vermoor.
Vrou van vermoorde Pofadder-man se borgtog uitgestel
Suretha se inhegtenisneming verlede Maandag vir die moord van haar man het skokgolwe deur die dorp gestuur.
Polisieman ontferm hom oor verwaarloosde kinders
“Dit is wonderlik om te sien dat polisiemanne en -vroue steeds bereid is om die ekstra myl te loop vir slagoffers van gruwelike misdade.”
Rowers vlug met miljoene in Upington-rooftog
“Die mans het uit die motor geklim en die veiligheidswagte met vuurwapens gedreig.”
Vrou van vermoorde Pofadder-man in hof
Suretha Brits is Maandag omstreeks 08:45 in haar huis in Marchand in Kakamas aangekeer.
Sportmeneer in hof vir statutêre verkragting
Die verdagte het na bewering sy vriendin se dogter verkrag.
Vrou vas vir moord op Pofadder-hoteleienaar
Drie mans is reeds in verband met Brits se moord in hegtenis geneem.
Drie sterf toe bakkie, trein bots
Op sosiale media het huldeblyke vir die drie ingestroom.
Metale glo oorsaak van voëlvrektes by Kamfersdam
Talle watervoëls het sedert die begin van die jaar hier gevrek waarna die provinsiale departement van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling met ʼn ondersoek begin het.
Uitbuiting van plaaswerkers sal nie geduld word nie, sê LUR
Die LUR vir landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling het ʼn versoek gerig vir verbeterde werkstoestande van plaaswerkers in die Noord-Kaap.