Geïsoleerde gelowiges soos Ji Ho het gebede en ondersteuning nou meer as ooit nodig vir hul oorlewing en om Jesus in die donkerste plekke te volg.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Noord-Korea"
VSA-soldaat tuis ná Noord-Korea hom vrylaat
Die Amerikaanse soldaat Travis King het na die VSA teruggekeer ná hy deur Noord-Korea vrygelaat is.
Kommer oor Amerikaanse soldaat in Noord-Korea
Die soldaat, Travis King, sou vandeesmaand na die VSA terugkeer vir ʼn dissiplinêre verhoor nadat hy tronkstraf in ʼn Suid-Koreaanse tronk uitgedien het. Hy het egter kort voor sy terugkoms ʼn lughawe in Suid-Korea verlaat en die grens na Noord-Korea oorgesteek.
Kim vra ‘enorme vergroting’ van Noord-Korea se kern-arsenaal
Kim Jong Un versoek ʼn “eksponensiële” vergroting van Noord-Korea se kern-arsenaal, insluitend die massavervaardiging van taktiese kernwapens en om nuwe missiele te ontwikkel vir kern-teenaanvalle.
Luister: Bid vir Noord-Korea
“Hulle weet dat hulle nooit alleen is nie wanneer hulle geloofsfamilie oor die hele wêreld saam met hulle bid.”
Luister: Vervolgde Christene benodig gebed
Dit is die werklikheid van ʼn dag in ʼn Noord-Koreaanse huiskerk.
Vriendskap, geloof in Noord-Koreaanse tronk
Agter die donker, siellose ystertralies – en te midde van harde arbeid, trauma en intense swaarkry – het Hee-Yol vriendskap by Lydia, ʼn medegevangene wat ook ʼn Christen was, gevind. Lydia was ʼn suster in geloof wat haar geleer het wat dit beteken om waarlik vir Jesus Christus te leef en te ly.
Bid vir die Christene in Noord-Korea hierdie Kersfees
Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys vir vervolgde Christene lys sedert 2002 vir Noord-Korea as die moeilikste land vir Christene om in te leef. Luister na Jan Gouws se spesiale Kersboodskap en vertellinge oor die vervolgde Christene in dié Asiatiese land waar net 1,2% van die land Christene is.
Noord-Koreane eet nou troeteldiere weens voedseltekort
Honde word nou deur owerhede uit huishoudings verwyder en onder meer aan restaurante verkoop.
Covid-19: Noord-Korea meld ‘eerste vermoedelike geval’ aan
Die militêre eenheid wat dié pasiënt die land laat binnekom het, gaan na bewering swaar gestraf word.
Kim Jong Oen glo kritiek ná operasie
Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Oen is volgens berigte in ʼn kritieke toestand ná ʼn mediese prosedure.
Altesaam 260 miljoen Christene word wêreldwyd vervolg
Die druk op Christene se geloof neem oral in die top 50-lande toe. Altesaam 34 lande het in die 2020-Wêreldwaarnemingslys ’n baie hoë vlak van vervolging geregistreer.
Trump ‘teleurgesteld’ oor missielaktiwiteite in Noord-Korea
Dit kom nadat satellietbeelde van ʼn fasiliteit naby Pjongjang getoon het Noord-Korea mag dalk besig wees met voorbereiding vir die lansering van ʼn missiel of ʼn satelliet.
Wat moet Amerika se rol in globale konfliksituasies wees?
Trump se vermoë om sy belofte aan kiesers gestand te doen, gaan ’n wesenlike impak hê op sy kanse om volgende jaar herkies te word. Intussen woed die debat oor Amerika se toekomstige rol in ’n veranderende wêreld voort.
Wat gaan nou met VSA en Noord-Korea gebeur?
Toe baar die berg ’n muis. Die spitsberaad verlede week tussen president Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, sy Noord-Koreaanse eweknie, was eintlik al…
VSA en Noord-Korea praat dalk verby mekaar oor kernwapens
Kim Jong-oen, Noord-Korea se leier, was met die skrywe hiervan nog op ’n sestien uur lange treinreis deur China op pad na Viëtnam, waar hy Woensdag en Donderdag in Hanoi met president Donald Trump van Amerika samesprekings gaan voer oor ’n kernwapenvrye Koreaanse skiereiland.
Onder watter omstandighede is oorlog ooit veroorloof?
Kom daar ’n Derde Wêreldoorlog, of is dit reeds aan die gang? Ek weet nie, maar wat ek weet, is die volgende: Mammas, hou vas aan jul seuns en dogters. Politiek is gevaarlik!
Trump koer oor liefde vir Kim
“En ons het gereeld vasgesit, maar toe raak ons verlief. Oukei? Nee, regtig. Hy het vir my lieflike briewe geskryf.”
Donald Trump en Suid-Afrika: Gaan sanksies kom?
’n Beter opsie om die regering te dwing om sy rampspoedige beleid te laat vaar, is geteikende sanksies of slim sanksies. Anders as die gebruiklike ekonomiese sanksies teen ʼn land, wat die gewone mense gewoonlik harder tref as die regeerders, sal geteikende sanksies diegene tref wat die makers van slegte beleid is.
Trump: Vergadering met Noord-Korea gaan voort
Trump het ook aangekondig dat hy tyd en wyl geen addisionele sanksies op Noord-Korea sal toepas nie.