Noord-Korea hét in die verlede al satellietlanserings uitgevoer. Kritici voer aan dit was toetslopies vir hul langafstand-missieltegnologie.
Alles vir die sleutelwoord "Noord-Korea"
Xi en Trump darem op goeie voet
Uit die aard van die saak weet min mense presies wat alles in die gesprekke agter die skerms in pres. Donald Trump se buiteverblyfplek Mar-a-Lago in Florida tussen hom en die besoekende pres. Xi Jinping van China gesê is.
China skort steenkoolinvoere op van Noord-Korea
China het gesê hy het alle steenkoolinvoere van Noord-Korea vir die res van die jaar opgeskort, om verder druk te plaas op sy kommunistiese buurman om sy kernwapen- en missielprogramme te staak.
Soektog ná moord op Noord-Korea-leier se broer
Die polisie is Woensdag besig om kringtelevisiebeeldmateriaal te deursoek nadat Kim Jong Un se halfbroer by ʼn lughawe in Kuala Lumpur deur ʼn sluipmoordenaar vermoor is.
Noord-Korea lanseer langafstandvuurpyl
Amerika, Japan en Suid-Korea het Sondag Noord-Korea se lansering van ʼn vuurpyl skerp veroordeel.
Die mistieke Noord-Koreane en die Kim-dinastie
Noord-Korea se aanspraak dat hy vroeg in Januarie 2016 ʼn waterstofbom laat ontplof het, het die wêreld weer laat regop sit. Noord-Korea, ook bekend as die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (DVRK), is die een land in die wêreld wat steeds vierkantig vasgevang is in die Koue Oorlog.
Kuberoorlog – maar tussen wie en wie?
Noord-Korea se internet is die derde keer in ’n week volledig lamgelê, en die 3G-selfoonnetwerk wass ook buite werking.
Video: Rolprent oor Kim Jong-un gekanselleer ná dreigemente
Sony Pictures het die vrystelling van ʼn rolprent oor die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, gekanselleer ná dreigemente van kuberkrakers en verskeie teatergroepe se weiering om dit te vertoon.
Kinders mag nie na leier vernoem word nie
Noord-Korea het sy burgers verbied om hul kinders na die leier Kim Jong Un te vernoem in ʼn poging om sy outoriteit te beskerm.
Vet Kim Jong-un breek glo beide enkels
Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un, ongeveer 31, is so vet dat hy beide enkels gebreek het. Só berig ’n Suid-Koreaanse koerant deur inligting wat van ’n bron ontvang is.
Noord-Korea vra staking van alle vyandelikhede
Noord-Korea het ‘n beroep op Suid-Korea gedoen om vanaf Vrydag alle vyandelikhede, waaronder ook sielkundige oorlogvoering en propaganda, te staak.
Japan dreig om Noord-Koreaanse missiele neer te skiet
Itsunori Onodera, Japan se minister van verdediging, het opdrag gegee dat enige Noord-Koreaanse middelafstandmissiel wat lyk of dit op Japanse grondgebied kan afkom, neergeskiet moet word.
Noord-Korea tart wêreld weer met missiele
Noord-Korea het nie gras onder sy voete laat groei na die kernspitsberaad in Nederland waar die kerndiktatuur breedvoerig onder die loep geneem is nie, en het Woensdagoggend vroeg twee middellangafstand missiele in die rigting van Japan afgevuur.
VN-verslag veroordeel marteling en moorde in Noord-Korea
Die VN het die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un gewaarsku dat hy persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir misdade teen die mensdom wat in ‘n verslag van 400 bladsye aan die lig gekom het.
Noord-Korea se Kim dreig weer met kernramp
Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-Un, het in sy Nuwejaarsboodskap wat landswyd uitgesaai is, opnuut gedreig dat ‘n kernoorlog met rampspoedige gevolge kan uitbreek.
Doktorsgraad aan Noord-Koreaanse diktator
Die HELP-universiteit van Maleisië het pas ‘n doktorsgraad in die ekonomie aan Kim Jong-un, diktator van Noord-Korea toegeken.
Hartverskeurende opskorting van Koreaanse familie-reünie
‘n Handjievol Suid-Koreane wat uitgesien het om binnekort ses dae lank met hul Noord-Koreaanse familie herenig te wees, moes verneem dat Noord-Korea skielik dié seldsame reëling onbepaald opgeskort het.
Kuba in sop oor wapens na Noord-Korea
Kuba het glo ‘n wapenvonds aan boord van ‘n Noord-Koreaanse skip in Panama as niksseggend probeer afmaak.
Suid-Korea verdubbel missiel-afstand
Suid-Korea het Sondag ‘n ooreenkoms met Amerika aangekondig dat hulle die reik van hul missielsisteme gaan verdubbel.