Volgens die universiteit het die voorval nie tydens formele studente- of universiteitsaktiwiteite plaasgevind nie.
Alles vir die sleutelwoord "Noordwes-Universiteit"
Duisende sê nee vir Engelse Pukke
Die Solidariteit Beweging het in die afgelope 48 uur reeds bykans 21 000 kommentare gekry uit die Afrikaanse gemeenskap wat teen die Noordwes-Universiteit (NWU) se planne is om sy taalbeleid op die Potchefstroom-kampus te verander.
Ek sien u wil die Potch-kampus Engels maak …
“Potchefstroom – die laaste plek waar Afrikaans as tersiêre taal in ’n openbare ruimte primêr gebruik word – is al wat oor was. Nou wil julle dit ook wegneem. Dit plaas Afrikaans op die kampus in die laaste loopgraaf. Iets wat ’n geveg verdien.”
Die NWU wil die taalbeleid van Potchefstroom-kampus verander
Die Afrikaanse gemeenskap is moeg vir herhaaldelike beloftes wat verbreek word. Tukkies, Maties en Kovsies het die Afrikaanse gemeenskap gestroop van enige naïwiteit. By die NWU moet ons net eenvoudig sê: nee.
Afrikaanse gemeenskap moet nou nee sê vir Engelse NWU
“Ons moet nou in ons duisende nee sê. Ons moet die universiteit se konsultasieproses voor ʼn groot toets plaas: as tienduisende nee sê, gaan die universiteit steeds vir Engelse onderrig ja sê?”
Totius se skuif was simbool van wat kom
Die verskuiwing van die Totius-standbeeld, ʼn Afrikaanse ikoon, stigter van die Puk en eerste Kanselier, was ongelukkig die eerste teken dat Afrikaans se toekoms selfs op Potchefstroom nie meer veilig is nie. Die werklike olifant op die kampus is hoe lank Afrikaans nog veilig op die Potch-kampus gaan wees?
Meer Engels by NWU weens tekort aan tolke
In die tussentyd is dosente versoek om studente so ver moontlik tegemoet te kom. Dit bring mee dat dosente klasse in Engels sowel as Afrikaans, of selfs net in Engels, moet aanbied om te verseker studente word nie oor taal uitgesluit van klasse nie.
AfriForum Jeug se ope brief aan prof. Janse van Rensburg van die NWU
“Jy is besig om die Puk van sy identiteit te beroof. Ons het hierdie tipe taktieke ook by Kovsies en Maties gesien. Ons sien die aanval kom. Maar Prof, dié keer is ons slaggereed daarvoor.”
Die skokkende leesvermoë van SA kinders
Dalk het dit tyd geword vir radikale introspeksie? Duidelik werk die bestaande planne en programme nie, asook die hope geld wat na die onderwysprobleme gegooi word nie.
Sakelui se betrokkenheid bepleit
Die tydperk van 2014 tot 2019 gaan ʼn periode van fundamentele, dramatiese verandering wees waarin Suid-Afrika op ʼn manier herdefinieer gaan word. Die groot vraag is watter rol kan en gaan plaaslike sakelui in dié verband speel?
NWU sluit twee van sy kampusse
Die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit is Donderdag onbepaald gesluit weens die #FeesMustFall-betogings wat universiteite landswyd lamlê.
Puk-student sterf ná besoek aan rolprentfees
“Die student was deel van ’n NWU-groep wat die kykNET-Silwerskermfees bygewoon het. Sy ouers woon in Katar en is tans op pad Suid-Afrika toe. Almal is nog erg geskok oor die ongeluk.”
Puk-student sterf aan nie-aansteeklike meningitis
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het Maandagaand gesê dat Ettienne de Villiers, ʼn eerstejaarstudent wat Vrydag dood in sy woonstel aangetref is, aan ʼn nie-aansteeklike vorm van meningitis gesterf het.
Oorsaak van Puk-student se dood bekend
Die oorsaak van Ettienne de Villiers (19), die eerstejaar-Puk-student wat Vrydag dood aangetref is in sy woonstel, is Maandagaand bekendgemaak.
Puk-student se raaiseldood: ‘Ons sal seker eendag weet hoekom’
“Ettienne was so ʼn jong, lewenslustige mens met so ʼn blink toekoms voor hom. In elke foto van hom wat ons het, trek hy sy gesig of het hy ʼn groot glimlag. Daar is regtig nie een lelike ding wat enigiemand oor hom kan sê nie. Hy het so mooi hart gehad.”
Puk-eerstejaar dood gevind
ʼn Eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is Vrydag dood in sy woonstel gevind.
Genoeg steun om Pukke Afrikaans te hou, sê prof
ʼn Onlangse inskrywing op die Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis se Facebook-blad, waar hy vra vir steun om die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ʼn inklusiewe Afrikaanse kampus te hou, het wye reaksie op sosiale media uitgelok.
Skade aan Mafikeng-kampus beloop dermiljoene
Die skade wat tydens die onlangse studentebetogings aan die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus aangerig is, beloop ʼn astronomiese R151 miljoen.
Kgwadi betoon medelye ná Pukkie sterf
Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, het Sondag in ʼn verklaring gesê Xavier Klein, ʼn eerstejaarstudent op die Potchefstroom-kampus (Puk), het verdrink.
Pukkie sterf ná hy en vriende swem
Xavier Klein, ʼn eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus (Puk), is Saterdagaand oorlede nadat hy en twee studentemaats in een van die universiteit se swembaddens gaan swem het.