“Ek dink hy was reeds dood toe Suzette hom uit die water gehaal het. Hy kon baie lank in die water gewees het, want hy was ten minste ʼn halfuur onder haar oë uit.”
Alles vir die sleutelwoord "Noordwes"
Vrou se erg ontbinde lyk tussen riete gevind
Die erg ontbinde liggaam van ʼn onbekende vrou, vermoedelik in haar laat 20’s, is tussen riete naby Potchefstroom in Noordwes gevind.
Boetie en sussie brand dood in huis
ʼn Boetie en ʼn sussie, onderskeidelik vier en ses jaar oud, het in ʼn huisbrand in Noordwes gesterf.
Puk-skêraanval: Verdagte gevonnis
Lerato Phoofolo, die derdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus wat ʼn huiskomiteelid, Hendri van Dyk, met ʼn skêr gesteek het, is gevonnis nadat hy skuldig gepleit het.
Byna 200 werkers by platinummyn hul werk kwyt
Byna 200 werkers van die Royal Bafokeng-platinummyn in Rasimone naby Rustenburg is afgelê.
Sweeftuig-ongeluk: ‘Jy wil nie glo dis waar nie’
“Dit is die verskriklikste oomblik as iemand jou bel om te sê iemand is dood. Jy wil dit amper nie glo nie. Selfs toe ek Sondagaand in die bed lê, het ek net heeltyd gewag om die bos sleutels by die hek te hoor.”
Persaanleg deels verwoes in brand
ʼn Brand wat Maandag by die Epko-persaanleg op Lichtenburg uitgebreek het, het ʼn gedeelte van die aanleg in puin gelê.
Siamese tweeling in Brits-hospitaal gebore
ʼn Siamese tweeling wat in die Brits-distrikshospitaal in Noordwes gebore is, is in ʼn stabiele toestand.
Munisipaliteit te blameer vir afgebrande skole, sê DA
“Die DA veroordeel enige vorm van geweld,en ons is baie bekommerd dat gemeenskappe so drasties optree om hul boodskap oor te dra aan die plaaslike regering, wat bloot sy rug draai op die gemeenskappe wat ly.”
Man sterf ná sweeftuig val
ʼn Man is Sondag dood nadat sy sweefvliegtuig buite Potchefstroom in Noordwes neergestort het.
Sakeman se skietdood meer as ‘net gewone polisieondersoek’
Bozwana het glo al meer as R1 miljard se kontrakte van Noordwes se provinsiale en plaaslike regerings ontvang. Hy was ook glo betrokke by regeringsprojekte ter waarde van R305 miljoen.
Stappe teen werkers nadat hulle riool in veld stort
Dissiplinêre stappe sal teen munisipale werkers van Noordwes gedoen word nadat hulle rou riool in ʼn veld buite Vryburg uitgepomp het.
Drie skole, kliniek in NW-betoging verwoes
Drie skole en ʼn kliniek is Woensdag verwoes tydens gewelddadige betogings in Atamalang naby Delareyville in Noordwes.
Boer leef in vrees ná ontdekking van graf
“Ons vermoed daar was moontlik vuilspel betrokke by die dood van daardie plaaswerker, want die manier waarop die plaaseienaar reageer skep die idee dat alles nie pluis is nie.”
Ma gevonnis wat kinders verwaarloos
Mapula Mabiletsa, ʼn ma van drie, is Dinsdag in die Brits-landdroshof in Noordwes gevonnis op aanklag van kinderverwaarlosing.
Begraafplaas-verkragter kry lewenslank
ʼn 29-jarige verkragter wat deel was van ʼn bende wat paartjies naby ʼn begraafplaas in Brits in Noordwes geteister het, is Maandag in die dorp se streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Noordwes waarsku oor vals lughaweposte
Bedrieërs in Noordwes maak geld uit niksvermoedende werksoekers deur vals poste aan te bied by Mafikeng- en Pilanesberg-lughawens.
10 000 moet glo een kraan deel in Noordwes-dorpie
Die gemeenskap van Kraaipan in Noordwes het glo net een kraan vir 10 000 mense, het die DA Sondag gesê.
Chaos by Klerksdorp-huis ná swerm bye toeslaan
Minstens twee mense, onder wie ʼn paramedikus, is Woensdag na hospitale in Klerksdorp in Noordwes geneem nadat ʼn swerm bye hulle by ʼn huis in die dorp aangeval het.
Seun (17) met mes vermoor
ʼn 17-jarige skoolseun is met ʼn mes doodgesteek in Lethabong naby Rustenburg in Noordwes.