ʼn Polisiebeampte is Woensdag beseer nadat ʼn vangwa bo-op ʼn bakkie te lande gekom het in ʼn ongeluk in Rustenburg in Noordwes.
Alles vir die sleutelwoord "Noordwes"
Vrou in hof nadat sy glo baba ontvoer
ʼn 19-jarige vrou het Woensdag vlugtig in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklag dat sy ʼn baba ontvoer het.
Hengeluitstappie eindig tragies: ‘As ons net sy lyk kan kry’
Polisieduikers soek steeds na die lyk van Hendro Schutte (29), wat vermoedelik saam met sy oom in Barberspan naby Delareyville in Noordwes verdrink het tydens ʼn hengeluitstappie.
Vierde Puk-student oorlede: ‘Dit is donker en stil’
ʼn Vierde Puk-student is die afgelope naweek oorlede nadat sy in ʼn gru-motorongeluk betrokke was.
Dag oue baba buite Rustenburg-hospitaal ontvoer
ʼn Ma van Rustenburg in Noordwes se dag oue baba is oomblikke nadat hulle Maandag uit die hospitaal ontslaan is reg buite die hospitaal ontvoer.
Bejaarde vrou sterf maande ná plaasaanval
Lettie van Loggerenberg (86) is Sondag dood, net meer as twee maande nadat sy en haar man erg aangerand is op hul kleinhoewe naby Zeerust in Noordwes.
Vrou vertel van angsnag toe sy rower doodskiet
“Ek het deur die skrefie van die hangkas gestaan en kyk hoe bind die rowers my gesin vas. Ek het gebid, liewe Here, help net my mense, asseblief. Ek het geweet as hulle my in die kas kry, gaan hulle ons almal doodmaak. Die een het nader gestap, die kasdeur oopgemaak en die klere begin wegskuif. En toe skiet ek.”
Twee botsings oomblikke ná mekaar op N12; vrou dood
ʼn Tweede motorongeluk het Saterdagaand op die N12 in Noordwes plaasgevind, enkele minute nadat ʼn vrou in ʼn vorige ongeluk op dieselfde plek dood is.
Polisiewerker vas ná aanval op Coligny-boer
Een van die verdagtes wat Woensdag vasgetrek is nadat ʼn boer van Coligny op sy plaas oorval en aangerand is, is ʼn werknemer van die polisie.
Coligny-bejaarde in hospitaal ná aanval op kleinhoewe
ʼn Bejaarde man wat Woensdag op ʼn kleinhoewe deur vier verdagtes oorval en erg aangerand is, is so getraumatiseerd dat hy nog nie ʼn polisieverklaring kon aflê nie.
Polisiekonstabel in hof oor wapens, ammunisie
ʼn Polisiekonstabel en nog twee verdagtes het in die Delareyville-landdroshof in Noordwes verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde ammunisie en gevaarlike wapens.
Kleinhoewe-aanval: ‘Jesus staan langs sy bed en hy veg’
Braam Blignaut (35), wat verlam is nadat hy Vrydag in ʼn aanval op ʼn kleinhoewe drie keer ten aanskoue van sy kinders geskiet is, “veg baie hard en sy wil om te lewe is groot”.
Vrou brand glo kêrel ná sy hom eers probeer ‘vergiftig’
ʼn 64-jarige vrou van Klerksdorp in Noordwes is in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat sy haar kêrel glo probeer vergiftig het voordat sy hom na bewering aan die brand gesteek het.
Nuwe vakbond in platinumgordel beoog
ʼn Nuwe vakbond wat sal fokus op die beskerming van mynwerkers se regte is besig om in die Rustenburg-platinumgordel in Noordwes vorm aan te neem.
Winkeleienaar verkrag glo sussies wat lekkers koop
ʼn Winkeleienaar, oorspronklik van Bangladesj, sal Vrydag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn nadat hy glo twee laerskoolmeisies verkrag het.
Kleinhoewe-aanval: Pa dalk verlam vir R250 en twee selfone
Kort voordat Braam Blignaut (35) se aanvallers onder meer sy selfoon tydens ʼn vermeende kleinhoewe-aanval geroof het, het hy sy ma gebel om vir haar te sê dat hy lief is vir haar, geskiet is en “dit nie gaan maak nie”. Dít terwyl sy vier kinders saam met hom in die huis was.
Gevangene dood ná ontsnapping met speelgoedgeweer
ʼn 42-jarige gevangene wat lewenslange tronkstraf uitgedien het, is Sondag doodgeskiet nadat hy uit aanhouding by die Losperfontein-gevangenis buite Brits in Noordwes ontsnap het.
Hartbeespoort-verdagte weer aangekeer
Een van vyf verdagtes wat uit polisie-aanhouding in Hartbeespoort in Noordwes ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Brandmoord: ‘Brits-tiener het gepleit vir genade’
Die twee vroue wat ʼn skoolmeisie in Noordwes glo aan die brand gesteek het, is borgtog toegestaan.
Universiteit in rou na nóg ʼn Puk-student sterf
Die Noordwes-Universiteit is in rou nadat ʼn derde Puk-student in die afgelope drie weke dood is.