Die stemtellery in Noordwes is 100% afgehandel en die ANC se steun in die provinsie het gedaal terwyl die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) nou die amptelike opposisie in die provinsie is.
Alles vir die sleutelwoord "Noordwes"
Vier vas oor plundering
Vier mense is in Vryheidspark naby Rustenburg in Noordwes in hegtenis geneem nadat daar winkels geplunder is.
Man vas na hy polisieman met spies steek
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn polisiebeampte met ʼn spies gesteek het by Vryheidpark naby Rustenburg in Noordwes.
Drie kinders versmoor in motor
Drie kinders het Woensdag versmoor nadat hulle sowat 20 minute lank alleen in hul ouers se motor gelaat is in Mahikeng, Noordwes.
Mbalula inderhaas weggeneem
Fikile Mbalula, minister van sport, moes Sondag ʼn verkiesingsveldtog by Vryheidspark in Noordwes skielik verlaat toe Amcu-lede gewelddadig geraak het, het die SAUK berig.
Hoë geskors oor babamelkpoeier-saga
ʼn Senior beampte van die plaaslike regering in Noordwes is geskors oor sy beweerde rol in die aanskaffing van babamelkpoeier en die versuim om dit te versprei.
R300 borgtog vir man wat glo verstandelik gestremde verkrag
ʼn Man van Noordwes wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn verstandelik gestremde tienermeisie verkrag het, is Vrydag op borgtog van R300 vrygelaat.
Groot hoeveelhede babamelk vernietig
Die departement van gesondheid in Noordwes ondersoek waarom ʼn kwart van 20 000 kaste babamelk vernietig moes word.
Hartbeespoortdam-kabelspoor ‘n sukses
Die Noordwes-provinsie het Vrydag gesê die kabelspoor by Hartbeespoortdam is ʼn sukses en het die eerste jaar ná sy opknapping reeds 30 000 besoekers gehad.
Drie vas oor bokke in lykswa
Drie mans is Dinsdag in Vryburg in Noordwes aangekeer nadat hulle vier bokkarkasse in ʼn lykswa vervoer het.
Bykans 1 000 verdagtes aangekeer
Nagenoeg 1 000 mense is die afgelope week tydens klopjagte in Gauteng en Noordwes in hegtenis geneem
Boer vermoor, vrou met panga aangeval
‘n 59-jarige boer van Groot Marico in Noordwes is vermoor en sy 54-jarige vrou met ‘n panga aangeval tydens ‘n plaasaanval Sondagoggend.
Twee mans vas vir moord, verkragting
Twee mans is in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van moord en verkragting in verband met afsonderlike voorvalle.
NW-vloedskade beloop R100 miljoen
Vloedskade in Noordwes beloop minstens R100 miljoen, het premier Thandi Modise Donderdag gesê.
Amcu-staking: Paartjie in Noordwes aangeval
Vier mans het ʼn mynwerker en sy vriendin Woensdagaand in Noordwes aangeval, waarna hulle die paartjie se plakkershut aan die brand gesteek het.
Grondeise: Plase aan NW-gemeenskappe oorhandig
Thandi Modise, die premier van Noordwes, het Sondag bevestig dat plase in die Ratlou-munisipaliteit aan gemeenskappe teruggegee is, nadat hulle van die grond onteien is.
Motoris sterf in Noordwes-vloede
ʼn Motoris is dood en twee ander mense gered ná vloede in Mogwase in Noordwes.
Man vermoor oor kleingeld
ʼn 26-jarige man is dood ná ʼn lang stryery oor kleingeld, het die Noordwes-polisie Sondag gesê.
Radio-omroeper kry borgtog ná twee boeties sterf
ʼn Radio-persoonlikheid is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy Sondag glo twee boeties, wat op pad was kerk toe, omgery en van die toneel af gevlug het.
R2 miljard vir Noordwes-waterprojekte
Ongeveer R2 miljard is beskikbaar gestel om waterprobleme in Noordwes aan te spreek.