Twee mense is dood en ʼn 70-jarige vrou in ʼn kritieke toestand nadat hulle Donderdag in die water by verskillende strande in onderskeidelik die Wes- en Oos-Kaap in die moeilikheid geraak het.
Alles vir die sleutelwoord "NSRI"
Talle noodgevalle, sterftes op Nuwejaarsdag
ʼn Baba van net tien weke oud het gesterf nadat haar ma haar glo in die sand op die strand aangetref het.
Man verdrink by St. Francisbaai
ʼn Private boot kon daarin slaag om van die gesinslede en ʼn hondjie te red.
NSRI waarsku teen volmaan-springgety
Hulle het ook ʼn beroep op die publiek gedoen om nie rooi noodfakkels en Chinese lanterns tydens Nuwejaarsvieringe te gebruik nie.
Nog ʼn verdrinking by Wes-Kaapse strand
Nog ʼn jong man het Woensdag in die see by Strand in Kaapstad verdrink, net enkele dae nadat ʼn 17-jarige seun Sondag by dieselfde strand verdrink het.
Strandgangers gewaarsku teen haai-aktiwiteit
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die owerhede het die publiek aan die kuslyn van die Suid-Kaap gemaan om versigtig te wees ná verhoogde haai-aktiwiteit in die gebied tussen Natures Valley en Mosselbaai.
Drie gered danksy wakker 6-jarige
ʼn Sesjarige seun se blitsige optrede Sondag op ʼn strand in Plettenbergbaai het drie jong seuns van moontlike verdrinking gered.
Vier seuns sterf saam
“Die kinders is vermoedelik almal van ʼn plaaslike laerskool. ʼn Seun wat saam met sy maatjies was, het hulp ontbied toe hy sien hulle beland in die moeilikheid.”
Man in see vermis
ʼn Man het Sondag in die see by Eastern Beach in Oos-Londen vermis geraak terwyl die strand weens ʼn haaigevaar vir swemmers gesluit was.
Visserman verdwyn in Vaaldam
Die soektog duur voort na ʼn man wat verdwyn het nadat hy van sy kano in die Vaaldam visgevang het.
Duiker in see by Kaapstad vermis
ʼn Duiker word vermis nadat hy en sy broer Sondag in die see by Bantrybaai in Kaapstad gaan duik en hy nie weer uit die water te voorskyn gekom het nie.
Liggaam in natuurreservaat gevind
Dit is onduidelik hoe die vrou se liggaam op die strand in die natuurreservaat beland het.
NSRI waarsku teen haaie, sleurstrome
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het twee waarskuwings vir die naweek uitgereik.
Waarskuwing aan strandgangers
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het strandgangers gewaarsku om versigtig te wees, veral tydens die nuwemaan-springgety wat oor die naweek sal voortduur.
Seemanne sterf ná ontruiming
Twee seemanne is Woensdagaand in ʼn Durbanse hospitaal dood nadat hulle met ʼn helikopter uit ʼn vragskip ontruim moes word.
[Video] Voëltjie kom ‘vra hulp’ by NSRI
“Die voël het na die span toe gestap en voor hulle gaan staan sonder enige teken dat hy bang is of gaan wegvlieg.”
Walvis by Kleinmond gered
Die NSRI in Hermanus is ontbied nadat verskeie mense gesien het hoe die walvis tussen Palmiet en Kleinmond in boeie en toue verstrengel geraak het.
Soektog na roeier (60) ná uur gestaak
“Die vrou het vermoedelik tussen digte hiasinte in Hartbeespoortdam beland terwyl sy geroei het.”
Visserman sterf voor familie en vriende
ʼn 60-jarige hengelaar het dié naweek voor sy familie en vriende gesterf.
Toeris van staproete gered
ʼn Franse toeris wat met vakansie in Suid-Afrika is, moes Woensdag van ʼn staproete in die Robberg-natuurreservaat naby Plettenbergbaai gered word.